Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Nehemiah 7

:
Afrikaans - AFR20
1 Toe die stadsmuur herbou was, het ek die poortdeure ingesit, en die poortwagte, die sangers en die Leviete is aangestel.
2 Ek het Ganani, my broer, saam met Gananja, die bevelvoerder van die vesting, oor Jerusalem aangestel. Hy was immers 'n betroubare man en het meer ontsag vir God gehad as die meeste mense.
3 Ek het vir hulle gesê: “Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie. En terwyl hulle nog wag staan, moet hulle die deure sluit en grendel. Plaas die inwoners van Jerusalem uit as wagte, elkeen op sy pos, elkeen voor sy huis.”
4 Die stad was groot en uitgestrek en die mense daarin was min. Die huise was nog nie herbou nie.
5 God het my dit op die hart gelê, en ek het die hoëlui, die gesagsdraers en die volk byeengebring om geregistreer te word. Ek het afgekom op 'n geslagsregister van hulle wat eerste uit die ballingskap weggetrek het. Daarin staan toe geskryf:
6 Hier volg 'n lys van die mense van die provinsie wat van die gevange ballinge af weggetrek het, dié wat •Nebukadnesar, die koning van Babilonië, weggevoer het. Hulle het na Jerusalem en Juda teruggekeer, elkeen na sy dorp,
7 dié wat saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Negum en Baäna gekom het. Die getal mans van die volk Israel was:
8 Die afstammelinge van Paros 2 172;
9 die afstammelinge van Sefatja 372;
10 die afstammelinge van Arag 652;
11 die afstammelinge van Pagat-Moab, uit die afstammelinge van Jesua en Joab 2 818;
12 die afstammelinge van Elam 1 254;
13 die afstammelinge van Sattu 845;
14 die afstammelinge van Sakkai 760;
15 die afstammelinge van Binnuï 648;
16 die afstammelinge van Bebai 628;
17 die afstammelinge van Asgad 2 322;
18 die afstammelinge van Adonikam 667;
19 die afstammelinge van Bigwai 2 067;
20 die afstammelinge van Adin 655;
21 die afstammelinge van Ater, deur Hiskia 98;
22 die afstammelinge van Gasum 328;
23 die afstammelinge van Besai 324;
24 die afstammelinge van Garif 112;
25 die afstammelinge van Gibeon 95.
26 Die manne van Betlehem en Netofa 188;
27 die manne van Anatot 128;
28 die manne van Bet-Asmawet 42;
29 die manne van Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743;
30 die manne van Rama en Geba 621;
31 die manne van Migmas 122;
32 die manne van Bet-El en Ai 123;
33 die manne van die ander Nebo 52.
34 Die afstammelinge van die ander Elam 1 254;
35 die afstammelinge van Garim 320;
36 die afstammelinge uit Jerigo 345;
37 die afstammelinge uit Lod, Gadid en Ono 721;
38 die afstammelinge uit Senaä 3 930.
39 Die priesters was: Die afstammelinge van Jedaja, uit die familie van Jesua 973;
40 die afstammelinge van Immer 1 052;
41 die afstammelinge van Pasgur 1 247;
42 die afstammelinge van Garim 1 017.
43 Die Leviete was: Die afstammelinge van Jesua, uit Kadmiël, uit die afstammelinge van Hodauja 74.
44 Die sangers was: Die afstammelinge van Asaf 148.
45 Die poortwagte was: Die afstammelinge van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita, Sobai 138.
46 Die tempeldienaars was: Die afstammelinge van Siga, Gasufa, Tabbaot;
47 die afstammelinge van Keros, Sia, Padon;
48 die afstammelinge van Lebana, Gagaba, Salmai;
49 die afstammelinge van Ganan, Giddel, Gagar;
50 die afstammelinge van Reaja, Resin, Nekoda;
51 die afstammelinge van Gassam, Ussa, Paseag;
52 die afstammelinge van Besai, Meünim, Nefusim;
53 die afstammelinge van Bakbuk, Gakufa, Gargur;
54 die afstammelinge van Baslut, Megida, Garsa;
55 die afstammelinge van Barkos, Sisera, Temag;
56 en die afstammelinge van Nesiag en Gatifa.
57 Die afstammelinge van Salomo se dienaars was: Die afstammelinge van Sotai, Soferet, Peruda,
58 die afstammelinge van Jala, Darkon, Giddel,
59 die afstammelinge van Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon.
60 Die tempeldienaars en die afstammelinge van Salomo se dienaars was altesaam 392.
61 Die volgende is dié wat weggetrek het uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar wat nie kon aandui of hulle familie of dié se nakomelinge uit Israel was nie:
62 Die afstammelinge van Delaja, Tobija en Nekoda 642.
63 En van die priesters was daar: Die afstammelinge van Gobajja, Kos en Barsillai 'n man wat uit die dogters van Barsillai, die man uit Gilead, 'n vrou geneem het, en toe na hulle vernoem is.
64 Hierdie mense het hulle inskrywings in die geslagsregisters probeer opspoor, maar kon dit nie vind nie. Hulle is toe as •onrein vir die priesterskap verklaar.
65 Die administrateur het hulle laat weet dat hulle nie van die •besonder heilige gawes mag eet nie, totdat 'n priester aan diens kom wat die Urim en Tummim kon hanteer.
66 Die lede van die gemeenskap was altesaam 42 360,
67 afgesien van hulle slawe en hulle slavinne; dié was 7 337. Hulle het ook nog 245 sangers en sangeresse gehad,
68 asook 435 kamele en 6 720 donkies.
69 Sommige van die familiehoofde het bygedra vir die werk. Die administrateur het vir die fonds 1 000 goue dragme, 50 offerbakke en 530 priesterrokke gegee.
70 Ander familiehoofde het vir die boufonds 20 000 goue dragme en 2 200 silwermina gegee.
71 20 000 goue dragme, 2 000 silwermina en 67 priesterrokke is wat die res van die volk gegee het.
72 Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk en die tempeldienaars en al die ander Israeliete het in hulle dorpe gaan woon.