Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Nehemiah 12

:
Afrikaans - AFR20
1 Die volgende is die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel, seun van Sealtiël, en Jesua weggetrek het uit die ballingskap: Seraja, Jeremia, Esra,
2 Amarja, Mallug, Gattus,
3 Seganja, Regum, Merajot,
4 Iddo, Ginneton, Abia,
5 Mijamin, Maädja, Bilga,
6 Semaja en Jojarib, Jedaja,
7 Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hierdie manne was die hoofde van die priesters en hulle stamgenote in die tyd van Jesua.
8 Die Leviete was: Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja wat moes leiding neem met die dankliedere, hy en sy ampsgenote,
9 terwyl Bakbukja en Unni, hulle ampsgenote, volgens diensafdelings teenoor hulle plekke ingeneem het.
10 Jesua het Jojakim verwek, Jojakim het Eljasib verwek, en Eljasib vir Jojada.
11 Jojada het Jonatan verwek, en Jonatan het Jaddua verwek.
12 In die tyd van Jojakim was die volgende priesters familiehoofde: van Seraja se familie was dit Meraja; van Jeremia, Gananja;
13 van Esra, Mesullam; van Amarja, Joganan;
14 van Mallug, Jonatan; van Sebanja, Josef;
15 van Garim, Adna; van Merajot, Gelkai;
16 van Iddo, Sagaria; van Ginneton, Mesullam;
17 van Abia, Sigri; van Minjamin en Moadja, Piltai;
18 van Bilga, Sammua; van Semaja, Jonatan;
19 van Jojarib, Mattenai; van Jedaja, Ussi;
20 van Sallu, Kallai; van Amok, Eber;
21 van Gilkija, Gasabja; van Jedaja, Netanel.
22 Wat die Leviete betref: In die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua is die familiehoofde opgeskryf, ook dié van die priesters, tot met die regering van Darius die Pers.
23 Die nageslag van Levi, die familiehoofde, is opgeskryf in die boekrol met die kronieke, tot in die tyd van Joganan, seun van Eljasib.
24 Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua, seun van Kadmiël, met hulle ampsgenote wat, afdeling vir afdeling, teenoor hulle plek ingeneem het om te loof en te dank ooreenkomstig die opdrag van Dawid, die man van God.
25 Mattanja, Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon en Akkub het in afdelings as poortwagte wag gehou by die voorraadkamers van die poorte.
26 Hierdie manne het geleef in die tyd van Jojakim, seun van Jesua, seun van Josadak; en ook van Nehemia, die •streekgoewerneur, en Esra, die priester en skrifgeleerde.
27 Met die inwyding van die stadsmuur van Jerusalem is die Leviete in al hulle woonplekke opgespoor, met die doel om hulle na Jerusalem te bring vir die vreugdevolle viering van die inwyding met dankliedere en sang, met simbale, harpe en liere.
28 Die sanggroepe is byeengeroep uit die omstreke van Jerusalem en uit die gehuggies van die mense van Netofa,
29 uit Bet-Haggilgal en die gebied van Geba en Asmawet; want die sangers het vir hulleself gehuggies gebou om Jerusalem.
30 Toe die priesters en Leviete hulleself gereinig het, het hulle ook die volk, die stadspoorte en die muur gereinig.
31 Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim, en twee groot kore vir dankliedere opgestel. Die een koor het op die muur in 'n suidelike rigting na die Ashooppoort beweeg.
32 Hulle is gevolg deur Hosaja en die helfte van die leiers van Juda,
33 ook Asarja, Esra, Mesullam,
34 Juda, Benjamin, Semaja, Jeremia,
35 en van die priestergroepe met trompette: Sagaria, seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf;
36 en sy ampsgenote Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God, met Esra, die skrifgeleerde, op die voorpunt.
37 Hulle is reguit oor die Fonteinpoort en op met die trappe by die Stad van Dawid, met die steil deel van die muur langs, bo die huis van Dawid verby, tot by die Waterpoort aan die oostekant.
38 Die tweede koor het in die teenoorgestelde rigting beweeg. Ek en die helfte van die volk het hulle op die muur gevolg, bo verby die Toring van die Oonde tot by die Breë Muur,
39 oor die Efraimspoort, die Jesanapoort, die Vispoort en verby die Toring van Gananel en die Toring van die Honderd, tot by die Skaappoort. By die Poort van die Paleiswag het hulle tot stilstand gekom.
40 Daarna het die twee kore vir dankliedere hulle plekke in die huis van God ingeneem, ook ek en die helfte van die gesagsdraers saam met my,
41 en die priesters Eljakim, Maäseja, Minjamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja, met trompette,
42 asook Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser. Die sangers het toe begin sing. Jisragja was die koorleier.
43 Op daardie dag het hulle vol vreugde 'n groot hoeveelheid offers geslag, want God het vir hulle 'n rede tot groot vreugde gegee. Ook die vroue en kinders was verheug, en die vreugde in Jerusalem kon van ver af gehoor word.
44 Op dieselfde dag is manne as opsigters aangestel by die vertrekke wat as stoorkamers vir die •wydingsgeskenke, die eerste opbrengs en die tiendes moes dien, om daarin die rantsoen wat die priesters en die Leviete volgens wet moes kry uit die landerye rondom die dorpe, byeen te bring. Juda was immers verheug oor die priesters en oor die Leviete wat diens gedoen het.
45 Hulle het die verpligtinge teenoor hulle God en die reinheidsvoorskrifte nagekom, ook die sangers en poortwagte, in ooreenstemming met die opdragte van Dawid en sy seun Salomo.
46 Ja, van die vroegste tye af, reeds in die dae van Dawid en Asaf, was daar sangleiers en was daar lofliedere en danksegging ter ere van God.
47 Die hele Israel het in die tyd van Serubbabel en in die tyd van Nehemia telkens die rantsoene aan die sangers en poortwagte verskaf, volgens die behoeftes van elke dag. Hulle het ook •heilige gawes vir die Leviete gegee, en die Leviete het dit vir die seuns van Aäron gegee.