Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Mark 9

:
Afrikaans - AFR20
1 En Hy het vir hulle gesê: “•Amen, Ek vir julle dat daar sommige van julle is wat hier staan, wat beslis nie die dood sal smaak voordat hulle die koningsheerskappy van God met krag sien kom het nie.
2 Ses dae later neem Jesus vir •Petrus, Jakobus en Johannes saam en lei hulle teen 'n hoë berg uit waar hulle heeltemal alleen was. Hy het toe voor hulle van gedaante verander.
3 Sy klere het blink geword, spierwit, so wit soos niemand op aarde iets kan bleik nie.
4 Toe het Elia saam met Moses aan hulle verskyn, en hulle was besig om met Jesus te praat.
5 Petrus reageer toe en vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
6 Hy het immers nie geweet wat hy moet nie, want hulle was totaal verskrik.
7 Daar kom toe 'n wolk wat 'n skaduwee oor hulle gooi, en uit die wolk kom daar 'n stem: “Dit is my Seun, my geliefde, luister na Hom!
8 Toe hulle rondkyk, sien hulle skielik niemand behalwe net Jesus by hulle nie.
9 Terwyl hulle die berg afgaan, het Jesus hulle beveel om niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die •Seun van die Mens uit die dood opgestaan het nie.
10 Hulle het dié saak vir hulleself gehou, terwyl hulle onderling bespiegel het wat “uit die dood opstaan” beteken.
11 Hulle vra Hom toe: “Waarom die skrifkenners dat Elia eers moet kom?”
12 Hy het hulle geantwoord: “Elia kom inderdaad eers om alles te herstel. En waarom staan daar dan geskryf oor die Seun van die Mens dat Hy baie moet ly en verag word?
13 Maar Ek vir julle: Elia het reeds gekom en hulle het aan hom gedoen wat hulle wou, soos daar oor hom geskryf staan.”
14 Toe hulle by die dissipels kom, sien hulle 'n groot skare rondom hulle, en skrifkenners wat met hulle redeneer.
15 Die hele skare was dadelik verras toe hulle Jesus sien, en het nader gehardloop en Hom gegroet.
16 Hy het hulle gevra: “Waaroor redeneer julle met hulle?”
17 Een uit die skare het Hom geantwoord: “Meester, ek het my seun na U gebring; hy het 'n gees in hom wat hom stom maak.
18 Elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom neer. Die seun kry dan skuim om sy mond, kners op sy tande en kry stuiptrekkings. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te dryf, maar hulle kon nie.”
19 Toe antwoord Hy hulle: “O, ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle bly? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom na My toe!”
20 Hulle het die seun na Hom gebring. Toe die gees Jesus sien, laat hy die seun dadelik stuiptrekkings kry. Hy het op die grond geval en rondgerol met skuim om sy mond.
21 Jesus het die vader gevra: “Hoe lank gebeur dit al met hom?” Hy het geantwoord: “Van kleins af.
22 Baie keer het die gees hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.”
23 Jesus vra hom toe: ‘As U kan?’ Alle dinge is moontlik vir iemand wat glo.
24 Onmiddellik roep die vader van die kind uit: “Ek glo! Kom my ongeloof te hulp!
25 Toe Jesus sien dat 'n skare saamdrom, het Hy die •onrein gees bestraf en vir hom gesê: “Stom en dowe gees, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom inkom nie!”
26 Die gees het toe geskreeu en die seun baie stuiptrekkings laat kry en uit hom uitgegaan. Die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie mense gesê het: “Hy het gesterf.”
27 Jesus het egter sy hand gevat, hom regop gehelp, en hy het opgestaan.
28 Nadat Jesus 'n huis binnegegaan het, en hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: “Waarom kon ons dan die gees nie uitdryf nie?”
29 Hy het vir hulle gesê: “Hierdie soort kan met niks anders as met gebed uitgedryf word nie.”
30 Hulle het daarvandaan vertrek en deur Galilea gereis. Jesus wou nie dat iemand daarvan weet nie.
31 Hy was immers besig om sy dissipels te leer, en het vir hulle gesê: “Die •Seun van die Mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak, maar drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.”
32 Hulle het hierdie uitspraak nie verstaan nie en was bang om Hom daaroor uit te vra.
33 Hulle het in Kapernaum aangekom, en toe Jesus by hulle in die huis was, vra Hy hulle: “Waaroor het julle op pad geredeneer?”
34 Hulle het egter stilgebly, want hulle het op pad onder mekaar geredekawel oor wie die belangrikste is.
35 Nadat Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en vir hulle: “As iemand eerste wil wees, moet hy laaste van almal en almal se dienaar wees.”
36 Hy het 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy neem hom toe in sy arms en vir hulle:
37 “Wie een van hierdie kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My, en wie My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.”
38 Johannes het vir Hom gesê: “Meester, ons het iemand in u Naam demone sien uitdryf, en ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”
39 Maar Jesus het gesê: “Moet hom nie keer nie, want niemand wat in my Naam 'n kragtige daad doen, kan net daarna sleg van My praat nie.
40 Want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
41 Wie vir julle in my Naam 'n beker water te drinke gee omdat julle aan Christus behoort •Amen, Ek vir julle: Hy sal beslis nie sy beloning verbeur nie.”
42 “Wie een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit sou vir hom beter wees as die maalklip van 'n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
43 As jou hand jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om vermink die lewe in te gaan as om met twee hande weg te gaan tot in Gehenna, in die onblusbare vuur.
44
45 As jou voet jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om kreupel die lewe in te gaan as om met twee voete in Gehenna gegooi te word.
46
47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit! Dit is beter vir jou om met een oog die •koninkryk van God in te gaan as om met twee in Gehenna gegooi te word,
48 waar die wurm in hulle nie doodgaan en die vuur nie geblus word nie.
49 Want elkeen sal met vuur gesout word.
50 Sout is goed, maar as sout smaakloos geword het, waarmee sal julle dit weer smaak gee? Julle moet sout in julleself en in vrede met mekaar leef.