Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 3

:
Afrikaans - AFR20
1 In die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius was Pontius •Pilatus prokurator van Judea. Herodes was tetrarg van Galilea, en Filippus, sy broer, was tetrarg van Iturea en Tragonitis, en Lisanias was tetrarg van Abilene.
2 In die tyd toe Annas en Kajafas die hoëpriesters was, het daar in die woestyn 'n woord van God na Johannes, seun van Sagaria, gekom.
3 Hierna het hy in die hele omgewing van die Jordaan rondbeweeg en 'n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig,
4 soos daar geskryf staan in die •boekrol met die woorde van die profeet Jesaja: “'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie reguit!
5 Elke kloof sal opgevul en elke berg en heuwel sal platgemaak word. Maak die krom paaie reguit, en die hobbelrige paaie gelyk!
6 Dan sal alle mense sien hoe God verlossing bring.’
7 Vir die skare wat in groot getalle na Johannes gestroom het om deur hom gedoop te word, het hy gesê: “Addergeslag, wie het julle wysgemaak dat julle aan die dreigende oordeel kan ontkom?
8 Dra liewer vrugte wat by die bekering pas. Moenie vir julleself begin sê, ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want ek vir julle, God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek.
9 Die byl reeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”
10 Die skare vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?”
11 En hy het hulle geantwoord: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat niks het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”
12 Daar het ook •tollenaars gekom om gedoop te word, en hulle het hom gevra: “Meester, wat moet ons doen?”
13 Hy het hulle geantwoord: “Moenie meer invorder as wat vir julle voorgeskryf is nie.”
14 Ook soldate het hom gevra: “En ons, wat moet ons doen?” Vir hulle het hy gesê: “Moenie geld van mense afpers nie, en moet hulle nie vals aankla nie, maar wees tevrede met julle lone.”
15 Omdat die volk allerhande verwagtings gehad het, het almal in hulle harte gewonder of Johannes nie dalk die Christus is nie.
16 Johannes het hulle egter geantwoord: “Ek doop julle wel met water, maar daar kom iemand wat sterker as ek is, en ek is nie eers werd om die riempies van sy sandale los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.
17 Hy het sy hooivurk in sy hand om sy dorsvloer deeglik skoon te maak en om die koring in sy skuur te versamel, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand.”
18 Johannes het die volk ook oor baie ander dinge vermaan, en die goeie boodskap aan hulle verkondig.
19 Hy het die tetrarg Herodes herhaaldelik tereggewys oor Herodias, sy broer se vrou, en oor al die booshede wat Herodes gepleeg het.
20 Afgesien van al hierdie dade het Herodes Johannes ook nog in die tronk laat opsluit.
21 In die tyd toe die hele volk gedoop is, is ook Jesus gedoop. En terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan,
22 en die Heilige Gees het in 'n sigbare vorm soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar het ook 'n stem uit die hemel gekom: “Jy is my geliefde •Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
23 Jesus was ongeveer dertig jaar oud toe Hy met sy werk begin het. Hy is beskou as die seun van Josef, seun van Eli,
24 seun van Mattat, seun van Levi, seun van Melgi, seun van Jannai, seun van Josef,
25 seun van Mattatias, seun van Amos, seun van Nahum, seun van Hesli, seun van Naggai,
26 seun van Mahat, seun van Mattatias, seun van Semeïn, seun van Josek, seun van Joda,
27 seun van Johanan, seun van Resa, seun van Serubbabel, seun van Sealtiël, seun van Neri,
28 seun van Melgi, seun van Addi, seun van Kosam, seun van Elmadam, seun van Er,
29 seun van Josua, seun van Eliëser, seun van Jorim, seun van Mattat, seun van Levi,
30 seun van Simeon, seun van Juda, seun van Josef, seun van Jonam, seun van Eljakim,
31 seun van Melea, seun van Menna, seun van Mattata, seun van Natan, seun van Dawid,
32 seun van Isai, seun van Obed, seun van Boas, seun van Sala, seun van Nagson,
33 seun van Amminadab, seun van Admin, seun van Arni, seun van Gesron, seun van Peres, seun van Juda,
34 seun van Jakob, seun van Isak, seun van Abraham, seun van Tera, seun van Nahor,
35 seun van Serug, seun van Rehu, seun van Peleg, seun van Heber, seun van Sala,
36 seun van Kenan, seun van Arpagsad, seun van Sem, seun van Noag, seun van Lameg,
37 seun van Metusalag, seun van Henog, seun van Jered, seun van Mahalalel, seun van Kenan,
38 seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, seun van God.