Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 23

:
Afrikaans - AFR20
1 Toe het die hele menigte opgestaan en Hom na •Pilatus gelei.
2 Hulle het Hom begin aankla en gesê: “Ons het vasgestel dat hierdie man ons volk op 'n dwaalweg lei, en hulle daarvan weerhou om belasting aan die keiser te betaal, terwyl hy van homself gesê het hy is die Gesalfde 'n koning.”
3 Pilatus vra toe vir Hom: “Is u die koning van die Jode?” En Hy antwoord: “U dit.”
4 Daarop Pilatus aan die leierpriesters en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie mens nie.”
5 Maar hulle het aangedring: “Hy sweep die volk dwarsdeur die hele Judea op met sy lering, vandat hy in Galilea begin het tot hier.”
6 Toe •Pilatus dit hoor, vra hy of die man 'n Galileër is;
7 en toe hy besef dat Hy afkomstig is uit die magsgebied van Herodes, het hy Hom na Herodes gestuur, wat self juis in daardie tyd in Jerusalem was.
8 Toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy wou Hom al 'n geruime tyd te siene kry, omdat hy van Hom gehoor het en gehoop het om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen word.
9 Hy het Hom uitvoerig ondervra, maar Jesus het hom glad nie geantwoord nie.
10 Die leierpriesters en die skrifkenners het daar gestaan en Hom hewig beskuldig.
11 Herodes, en ook sy soldate, het Hom met minagting behandel en Hom bespot. Hulle het vir Hom 'n deftige kleed aangetrek en Hom na Pilatus teruggestuur.
12 Juis op dié dag het Herodes en Pilatus, wat vroeër vyandiggesind teenoor mekaar was, vriende geword.
13 •Pilatus het die leierpriesters, die volksleiers en die volk bymekaargeroep
14 en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as iemand wat die volk op 'n dwaalweg lei. En kyk, ek het hom in julle teenwoordigheid verhoor, en kon hierdie man nie skuldig bevind op enige van die aanklagte wat julle teen hom inbring nie.
15 En Herodes kon ook nie, want hy het hom na ons teruggestuur. Hy het inderdaad niks gedoen wat die dood verdien nie.
16 Ek gaan hom dus laat gesel en dan vrylaat.
17 ...
18 Maar hulle het almal saam geskreeu: “Weg met hom! Laat Barabbas vir ons vry!”
19 Hy is in die tronk gegooi as gevolg van 'n oproer in die stad, en vir moord.
20 Pilatus het hulle weer aangespreek, omdat hy Jesus wou vrylaat.
21 Maar hulle het aanhou skreeu: “Kruisig, kruisig hom!”
22 Vir 'n derde maal het hy vir hulle gesê: “Watter kwaad het hy dan gedoen? Ek het niks gevind waarvoor hy die dood verdien nie. Ek gaan hom dus laat gesel en dan vrylaat.”
23 Maar hulle het luidkeels aangehou om te eis dat Hy gekruisig word, en hulle geskreeu het die oorhand gekry.
24 Pilatus het daarom besluit om aan hulle eis te voldoen.
25 Hy het die man laat gaan wat vir oproer en moord in die tronk gegooi is, die een vir wie se vrylating hulle gevra het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
26 Toe die soldate Jesus weglei, het hulle 'n sekere Simon van Sirene gegryp wat van die platteland af gekom het. Hulle het die kruis op sy rug gesit om dit agter Jesus aan te dra.
27 'n Groot menigte van die volk het Hom gevolg, en ook vroue wat aanhoudend op hulle bors slaan en oor Hom weeklaag.
28 Jesus het na hulle gedraai en gesê: “Dogters van Jerusalem, moenie oor My huil nie! Huil liewer oor julleself en oor julle kinders,
29 want kyk, daar kom dae wanneer mense sal sê, ‘Gelukkig is diegene wat onvrugbaar is, en die moederskoot wat nie 'n kind in die wêreld gebring het nie, en die borste wat nie kinders gevoed het nie.’
30 “Dan sal hulle vir die berge begin sê, ‘Val op ons!’ en vir die heuwels, ‘Bedek ons!’
31 “Want as hulle dit aan die groen hout doen, wat sal nie met die droë hout gebeur nie?”
32 Saam met Jesus is ook twee ander misdadigers weggelei om tereggestel te word.
33 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand.
34 Toe Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Hulle het sy boklere verdeel deur daaroor te loot.
35 Die volk het gestaan en toekyk. Die volksleiers het aangehou om smalend te sê: “Ander het hy gered, laat hy homself red as hy die Christus van God, die Uitverkorene, is!”
36 Ook die soldate het met Hom die spot gedryf, terwyl hulle nader staan en vir Hom suur wyn aanbied,
37 met die woorde: “As jy die koning van die Jode is, red jouself!”
38 Bokant Hom was daar ook 'n opskrif: “Hy is die koning van die Jode.”
39 Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom aanhoudend gelaster en gesê: “Jy is mos die Christus, of hoe? Red jouself, en ons!”
40 Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van rekening dieselfde straf!
41 In ons geval is dit regverdig ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.”
42 Hy toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom!
43 Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
44 Dit was ongeveer die sesde uur, en duisternis het oor die hele aarde toegesak tot die negende uur.
45 Die son is verduister, en die voorhangsel in die heiligdom is in twee geskeur.
46 Met 'n harde stem het Jesus uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor! Nadat Hy dit gesê het, het Hy sy asem uitgeblaas.
47 Die centurio het gesien wat gebeur het, en God geloof en gesê: “Waarlik, hierdie man was onskuldig!”
48 Die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaargekom en gesien het wat gebeur, het teruggegaan, terwyl hulle op hulle bors slaan.
49 Al sy kennisse en ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan en hierdie dinge gesien.
50 En kyk, daar was ook 'n man met die naam Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en •regverdige man.
51 Hy het nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. Hy was afkomstig van die Joodse dorp Arimatea, en het uitgesien na die •koninkryk van God.
52 Hy het na •Pilatus gegaan en Jesus se liggaam gevra.
53 Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linnedoeke toegedraai en Hom neergelê in 'n rotsgraf waarin daar nog nooit iemand neergelê is nie.
54 Dit was die Voorbereidingsdag, en die Sabbat het al begin aanbreek.
55 Die vroue wat saam met Hom uit Galilea gekom het, het hom gevolg en die graf gesien, en ook hoe sy liggaam neergelê is.
56 Daarna het hulle teruggekeer huis toe, en geurige speserye en reukolies gaan voorberei. Op die Sabbat het hulle gerus, soos die gebod voorskryf.