Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 14

:
Afrikaans - AFR20
1 Toe Hy op 'n Sabbat na die huis van een van die leiers van die •Fariseërs gegaan het vir 'n maaltyd, het hulle Hom fyn dopgehou.
2 En kyk, reg voor Hom was daar iemand wat aan watersug gely het.
3 Jesus het vir die wetskenners en Fariseërs gevra: “Is dit toelaatbaar om op die Sabbat te genees of nie?”
4 Maar hulle het stilgebly. Toe het Hy die man geneem, hom gesond gemaak en hom laat gaan.
5 Daarop Hy vir hulle: “Wie van julle sal, as sy seun of os in 'n put val, hom nie dadelik uithaal nie selfs al is dit op die Sabbat?”
6 Hierop kon hulle nie antwoord nie.
7 Toe Hy opmerk hoe die genooides die ereplekke aan die tafel uitsoek, het Hy die volgende gelykenis vir hulle vertel:
8 Wanneer jy deur iemand na 'n •bruilofsfees uitgenooi word, moet jy nie op die ereplek gaan sit nie, ingeval iemand van groter aansien as jy deur hom uitgenooi is,
9 en hy wat hom en jou uitgenooi het, dan vir jou kom sê, ‘Maak plek vir hierdie man.’ Dan sal jy met skaamte die verste plek gaan inneem.
10 Nee, wanneer jy uitgenooi word, gaan na die verste plek, sodat die man wat jou uitgenooi het, kan kom en vir jou sê, ‘Vriend, skuif nader!’ Dan sal jy aansien kry by almal wat saam met jou vir ete aanleun.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.”
12 Jesus het ook vir die man wat Hom genooi het, gesê: “Wanneer jy 'n ligte ete of 'n groot maaltyd gee, moenie jou vriende of broers of familie of ryk bure nooi, met die doel dat hulle jou weer op hulle beurt uitnooi, en jy dan vergoed word nie.
13 Nee, wanneer jy 'n feesmaal aanbied, nooi die armes, kreupeles, verlamdes, en blindes.
14 Dan sal jy gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou mee te vergoed nie; want jy sal beloon word by die opstanding van die •regverdiges.
15 Toe een van diegene wat saam aangeleun het om te eet, dit hoor, hy vir Hom: “Gelukkig is die een wat aan die maaltyd in die •koninkryk van God sal deelneem.
16 Toe Jesus vir hom: “'n Man het 'n groot feesmaal gehou en baie mense uitgenooi.
17 Toe dit tyd was vir die feesmaal, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê, ‘Kom, alles is gereed!’
18 Maar een die ander het almal verskonings begin aanbied. Die eerste een het vir hom gesê, ‘Ek het 'n stuk grond gekoop, en dit is noodsaaklik dat ek daarna gaan kyk. Ek vra u, verskoon my tog.’
19 'n Ander een het gesê, ‘Ek het vyf paar osse gekoop, en ek gaan hulle uittoets. Ek vra u, verskoon my tog.’
20 Nog 'n ander een het gesê, ‘Ek is pas getroud, en daarom kan ek nie kom nie.’
21 Met sy terugkeer het die slaaf hierdie dinge aan sy eienaar gerapporteer. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy slaaf gesê, ‘Gaan dadelik uit in die strate en stegies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’
22 En die slaaf het kom sê, ‘Meneer, die opdrag wat u gegee het, is uitgevoer, en daar is nog plek.’
23 Toe die eienaar vir die slaaf, ‘Gaan uit na die paaie en lanings, en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
24 Want ek verseker julle, nie een van daardie mense wat aanvanklik genooi is, sal hulle mond aan my feesmaal sit nie.’
25 Groot skares mense het saam met Hom gereis. Hy het na hulle gedraai en gesê:
26 As iemand na My kom en My nie liefhet bo sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
27 Wie nie sy eie kruis dra en My volg nie, kan my dissipel nie wees nie.
28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, om te sien of hy genoeg geld het om dit te voltooi nie?
29 Sodat dit nie gebeur dat, as hy die fondament en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, met hom begin spot
30 en sê, ‘Hierdie man het begin bou, maar kon nie klaarmaak nie.’
31 Of watter koning trek op om met 'n ander koning oorlog te voer, en gaan nie eers sit en oorweeg of hy met tienduisend man opgewasse sal wees teen die ander een wat met twintigduisend teen hom optrek nie?
32 Indien nie, stuur hy, terwyl die ander een nog ver is, 'n afvaardiging en vra voorwaardes vir vrede.
33 Net so kan nie een van julle wat nie van al sy besittings afstand doen, my dissipel wees nie.”
34 “Sout is goed, maar as sout sy smaak verloor, waarmee sal dit weer smaaklik gemaak word?
35 Dit is nie eers geskik vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Laat dié wat ore het om te hoor, luister!