Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 11

:
Afrikaans - AFR20
1 Op 'n keer het Jesus op 'n sekere plek gebid, en toe Hy klaar was, het een van sy dissipels vir Hom gesê: “Here, leer ons bid, soos ook Johannes sy dissipels geleer het.
2 Hy het vir hulle gesê: “Wanneer julle bid, moet julle sê, ‘Vader, laat u Naam geheilig word. Laat u •koninkryk kom.
3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood
4 en vergeef ons ons sondes; want ook ons vergeef elkeen wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie.’
5 Hierna het Hy vir hulle gesê: “Gestel een van julle het 'n vriend, en hy gaan om middernag na hom en vir hom, ‘Vriend, leen tog vir my drie brode,
6 want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’
7 En daardie man antwoord van binne af, ‘Moet my nie pla nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kindertjies is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie.’
8 Ek vir julle, selfs al staan hy nie op om dit vir hom te gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en vir hom gee wat hy nodig het, omdat die man so onbeskaamd aanhou.
9 Ek vir julle: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
10 Want elkeen wat vra, ontvang; en wie soek, vind; en vir wie klop, sal oopgemaak word.
11 “Watter vader onder julle sal, as sy seun hom 'n vis vra, hom 'n slang in plaas van 'n vis gee?
12 Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen gee?
13 As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!”
14 Op 'n dag het Jesus 'n demoon wat stom was, uit 'n man gedryf. Nadat die demoon hom verlaat het, het die stomme begin praat. Die skare was verwonderd,
15 maar sommige van hulle het beweer: “Dit is deur Beëlsebul, die aanvoerder van die demone, dat hy die demone uitdryf.”
16 Ander weer het van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te toets.
17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, gaan ten gronde, en 'n huis wat verdeeld is, kom tot 'n val.
18 As ook Satan teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk dan staande bly? Tog beweer julle dat Ek deur Beëlsebul demone uitdryf.
19 As Ek wel deur Beëlsebul demone uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle dan uit? Daarom sal hulle regters oor julle wees.
20 Maar as Ek deur die vinger van God demone uitdryf, dan het die •koninkryk van God julle bereik.
21 Wanneer 'n sterk, goed bewapende man sy eie huis bewaak, is sy besittings veilig.
22 Maar as daar iemand aankom wat sterker as hy is, en hom oorrompel, neem so iemand die volle wapenrusting af waarop die sterk man vertrou het, en verdeel die buit.
23 Wie hulle nie by My skaar nie, is teen My, en wie nie saam met My bymekaarmaak nie, verstrooi.”
24 “Wanneer 'n •onrein gees 'n mens verlaat, swerf hy deur waterlose streke op soek na rus, sonder om dit te vind. Dan hy, ‘Ek sal terugkeer na my huis wat ek verlaat het.’
25 En by sy terugkeer vind hy dit uitgevee en aan die kant gemaak.
26 Dan gaan haal hy sewe ander geeste, slegter as hyself, trek in en woon daar. Die uiteinde van daardie mens is erger as sy begin.
27 Terwyl Hy dit sê, het 'n vrou in die skare haar stem verhef en Hom toegeroep: “Gelukkig is die moederskoot wat U gedra het en die borste wat U gevoed het!”
28 Maar Hy antwoord: “Ja, maar waarlik gelukkig is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”
29 Toe die skare om Hom saamdrom, het Jesus met hulle begin praat: “Hierdie geslag is 'n slegte geslag. Hulle vra 'n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona.
30 Net soos Jona vir die mense van Nineve 'n teken was, so sal die •Seun van die Mens 'n teken wees vir hierdie geslag.
31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel saam met die mense van hierdie geslag opgewek word en hulle veroordeel, want sy het van die eindes van die aarde gekom om die wysheid van Salomo aan te hoor, en waarlik, wat hier is, is groter as Salomo.
32 Die mense van Nineve sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en dit veroordeel, omdat hulle op grond van die prediking van Jona tot bekering gekom het, en waarlik, wat hier is, is groter as Jona.”
33 Niemand steek 'n lamp op en plaas dit dan in 'n versteekte hoekie of onder 'n maatemmer nie, maar op 'n lampstaander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
34 Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, is jou hele liggaam ook verlig, maar as dit boos is, is jou liggaam ook donker.
35 Pas dus op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
36 As jou hele liggaam verlig is en daar nie 'n enkele donker plekkie is nie, sal dit heeltemal verlig wees, soos wanneer 'n lamp jou met sy strale verlig.”
37 Tydens Jesus se redevoering het 'n •Fariseër Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het by sy huis ingegaan en aangeleun om te eet.
38 Die Fariseër was verbaas om te sien dat Jesus Hom nie voor die ete laat was het nie.
39 Maar die Here vir hom: “Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar van binne is julle vol inhaligheid en boosheid.
40 Dwase! Het Hy wat die buitekant gemaak het, nie ook die binnekant gemaak nie?
41 Gee liewer die inhoud vir liefdadigheid, dan sal alles vir julle skoon wees.
42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en allerhande soorte kruie, maar julle verwaarloos die reg en die liefde vir God. Hierdie dinge moes julle gedoen het sonder om die ander na te laat.
43 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die ereplekke in die •sinagoges en om op die markpleine begroet te word.
44 Wee julle, want julle is soos ongemerkte grafte waaroor die mense loop sonder om dit te besef.”
45 Een van die wetskenners het Hom geantwoord: “Meester, as u dit sê, beledig u ons ook.”
46 Daarop het Hy gesê: “En ook julle wetskenners, wee julle, want julle belas die mense met ondraaglike vragte, en self raak julle nie met 'n vinger aan die vrag nie.
47 Wee julle, want julle bou grafmonumente vir die profete, maar julle voorvaders het hulle vermoor.
48 Julle is dus getuies wat die dade van julle voorvaders goedkeur, want hulle het die profete vermoor, en julle bou hulle grafmonumente.
49 Om hierdie rede het die Wysheid van God gesê, ‘Ek sal profete en •apostels na hulle stuur, maar hulle sal sommige doodmaak en vervolg.’
50 Daarom sal vir die bloed van al die profete wat sedert die grondlegging van die wêreld vergiet is, vergelding van hierdie geslag geëis word
51 van die bloed van Abel tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die heiligdom om die lewe gebring is. Ja, Ek vir julle, dit sal van hierdie geslag geëis word.
52 Wee julle, wetskenners, want julle het die sleutel van kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en diegene wat wou ingaan, het julle verhinder.”
53 Nadat Hy daarvandaan vertrek het, het die skrifkenners en die Fariseërs erg vyandiggesind teenoor Hom geraak, Hom oor baie onderwerpe uitgelok
54 en Hom fyn dopgehou of Hy iets sou op grond waarvan hulle Hom kon vastrek.