Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Leviticus 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here het vir Moses gesê:
2 vir die Israeliete, ‘Iemand sondig dalk onopsetlik teen een van al die Here se gebooie en doen iets wat nie gedoen mag word nie.
3 As die gesalfde priester sondig, sodat die volk skuldig is, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek vir die Here as •reinigingsoffer bring.
4 Hy moet die bul na die ingang van die •Tent van Ontmoeting voor die Here bring, sy hand op die kop van die bul en dit voor die Here keelaf sny.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bul se bloed neem en dit in die Tent van Ontmoeting invat.
6 Die priester moet sy vinger in die bloed doop en van die bloed sewe maal voor die Here sprinkel aan die voorkant van die voorhangsel van die heiligdom.
7 Die priester moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar vir die geurige reukwerk wat in die Tent van Ontmoeting voor die Here staan. Die res van die bul se bloed moet hy uitgooi teen die basis van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan.
8 Die een wat die offer bring, moet ál die vet uit die bul vir die reinigingsoffer uithaal: die vet wat die binnegoed bedek en al die vet aan die binnegoed,
9 sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder,
10 soos wat dit uit die bul vir die •maaltydoffer uitgehaal word. Daarna moet die priester dit alles op die brandofferaltaar verbrand.
11 Maar die vel van die bul en al sy vleis, asook sy kop, pote, binnegoed en pensmis,
12 ja, die hele bul moet hy uit die kamp uitvat na 'n rein plek, na die stortplek van die vetterige as en dit op 'n houtvuur verbrand. By die stortplek van die vetterige as moet dit verbrand word.
13 As die hele volksvergadering van Israel onopsetlik iets verkeerds doen en die geloofsgemeenskap merk nie eers op dat hulle gedoen het wat een van die gebooie van die Here nié gedoen mag word nie, is hulle skuldig.
14 As die oortreding wat hulle begaan het, bekend word, moet die geloofsgemeenskap 'n jong bul as reinigingsoffer bring. Hulle moet hom tot voor die Tent van Ontmoeting neem.
15 Die oudstes van die volksvergadering moet voor die Here hulle hande op die kop van die bul lê. Hulle moet die bul voor die Here keelaf sny
16 en die gesalfde priester moet van die bul se bloed na die Tent van Ontmoeting neem.
17 Die priester moet sy vinger in die bloed doop en van die bloed sewe maal voor die Here sprinkel aan die voorkant van die voorhangsel.
18 Hy moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar wat in die Tent van Ontmoeting voor die Here staan. Die res van die bul se bloed moet hy uitgooi teen die basis van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan.
19 Al die vet moet hy uit die bul uithaal en dit op die altaar verbrand.
20 Hy moet met die bul maak soos hy met die bul van die reinigingsoffer gemaak het. So sal die priester oor hulle versoening doen en sal hulle vergewe word.
21 Hy moet die bul uit die kamp neem en dit verbrand soos hy die eerste bul verbrand het. Dit is die geloofsgemeenskap se reinigingsoffer.
22 Wanneer 'n leier gesondig het en onopsetlik gedoen het wat een van die gebooie van die Here sy God nié gedoen mag word nie, is hy skuldig.
23 As die sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend gemaak word, moet hy as sy offer 'n bokram sonder gebrek bring.
24 Hy moet sy hand op die kop van die bok en dit keelaf sny op die plek waar die •brandoffer voor die Here keelaf gesny word. Dit is 'n reinigingsoffer.
25 Die priester moet van die bloed van die reinigingsoffer neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die basis van die brandofferaltaar uitgooi.
26 Al die vet moet hy, soos die vet van die maaltydoffer, op die altaar verbrand. So sal die priester vir die leier versoening doen vir sy sonde en sal hy vergewe word.
27 As iemand uit die volk van die land onopsetlik sondig deur te doen wat een van die gebooie van die Here nié gedoen mag word nie, is hy skuldig.
28 As die sonde wat hy gedoen het aan hom bekend gemaak word, moet hy 'n bokooi sonder gebrek bring as offer vir die sonde wat hy gedoen het.
29 Hy moet sy hand op die kop van die reinigingsoffer en dit op dieselfde plek as die brandoffer keelaf sny.
30 Die priester moet van die bloed neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die basis van die altaar uitgooi.
31 Al die vet moet hy verwyder, soos hy die vet van die maaltydoffer verwyder. Die priester moet dit op die altaar verbrand as 'n geurige offer vir die Here. So sal die priester vir die persoon versoening doen en sal hy vergewe word.
32 ‘As hy 'n skaap as sy reinigingsoffer bring, moet dit 'n ooi sonder gebrek wees wat hy bring.
33 Hy moet sy hand op die reinigingsoffer se kop en dit as 'n reinigingsoffer keelaf sny op die plek waar die brandoffer keelaf gesny word.
34 Die priester moet van die bloed van die reinigingsoffer neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en al die oorblywende bloed teen die basis van die altaar uitgooi.
35 Al die vet moet hy verwyder, soos hy die vet van die skaap vir die maaltydoffer verwyder het. Die priester moet dit op die altaar verbrand saam met die ander offergawes vir die Here. So sal die priester vir die persoon versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het en sal hy vergewe word.