Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Judges 10

:
Afrikaans - AFR20
1 Abimeleg het Tola, seun van Puwwa, seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgestaan om Israel te verlos. Hy het by Samir, in die heuwelland van Efraim, gewoon.
2 Hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig. Toe hy gesterf het, is hy in Samir begrawe.
3 hom het Jaïr, 'n man uit Gilead, opgestaan en Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.
4 Hy het dertig seuns gehad wat op dertig donkiehingste gery en dertig dorpe gehad het. Dit word vandag nog Gawwoot-Jaïr genoem, en is in die Gileadstreek geleë.
5 Jaïr het gesterf, en is in Kamon begrawe.
6 Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die van die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en ook die gode van Aram, van Sidon, van Moab, van die Ammoniete en van die Filistyne. Hulle het die Here verlaat en Hom nie gedien nie.
7 Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand, en Hy het hulle oorgelewer in die hand van die Filistyne en die Ammoniete.
8 Hulle het in daardie jaar die Israeliete begin vernietig en verdruk. Vir agttien jaar het hulle dit gedoen aan al die Israeliete wat oorkant die Jordaan was, in die gebied van die Amoriete wat in Gilead is;
9 en toe steek die Ammoniete die Jordaan oor om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim oorlog te maak. Vir Israel was dit 'n tyd van groot benoudheid.
10 Die Israeliete het toe na die Here om hulp geroep: “Ons het teen U gesondig, want ons het ons God verlaat en die Baäls gedien.”
11 Maar die Here het vir die Israeliete gesê: “Het Ek julle nie verlos van Egipte, van die Amoriete, die Ammoniete en die Filistyne nie?
12 Die Sidoniërs, die Amalekiete en die Midianiete het julle verdruk, en toe julle na My om hulp roep, het Ek julle uit hulle hand verlos.
13 Maar júlle het My verlaat en het ander gode gedien; daarom gaan Ek julle nie weer verlos nie.
14 Gaan dan, roep om hulp na die gode wat julle gekies het; laat hulle julle verlos in julle tyd van nood.”
15 Die Israeliete toe vir die Here: “Ons het gesondig! Doen U met ons wat ook al goed is in u oë; maar red ons asseblief net vandag uit!”
16 Hulle het toe die vreemde gode tussen hulle verwyder en die Here gedien; en Hy kon toe nie meer Israel se swaarkry verduur nie.
17 Die Ammoniete is opgeroep en het kamp opgeslaan in Gilead, terwyl die Israeliete bymekaargekom en kamp opgeslaan het by Mispa.
18 Die manskappe, die •aanvoerders van Gilead, toe vir mekaar: “Wie is die man wat die stryd teen die Ammoniete sal aanpak? Hy sal 'n leier wees vir al die inwoners van Gilead.