Jonah 2AFR20

1Jona het uit die vis se maag tot die Here sy God gebid.

2Hy het gesê: “In my nood het ek na die Here geroep, en Hy het my geantwoord. Uit die ingewande van die •doderyk het ek om hulp geroep, en U het my stem gehoor.

3U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel.

4“ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien!

5Water het my tot aan my keel omsluit, •oerwater het my omring; seewier het my kop omstrengel.

6Na die basis van die berge het ek afgesak; die aarde – haar sluitbalke was vir altyd toe agter my. “Maar tog het U my lewe uit die grafkuil opgetrek, Here my God!

7Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die Here gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik.

8“ Wie nuttelose afgode dien, versaak hulle trou aan die verbond.

9Maar ek, met 'n danklied wil ek aan U 'n offer bring, wat ek beloof het, sal ek betaal. Dit is die Here wat redding bring.”

10Die Here het toe die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spoeg.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Jonah 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.