Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

John 13

:
Afrikaans - AFR20
1 Voor die Fees van die Pasga het Jesus reeds geweet dat sy uur aangebreek het dat Hy van hierdie wêreld na die Vader sou oorgaan. Daarom, omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, het Hy hulle liefgehad tot aan die einde.
2 Gedurende die aandete het die Duiwel dit reeds in die hart van Judas, seun van Simon Iskariot, gelê om Jesus te verraai.
3 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer.
4 Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, 'n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind.
5 Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog.
6 Toe Hy by Simon •Petrus kom, dié vir Hom: “Here, gaan U my voete was?”
7 Jesus het hom geantwoord: “Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar hierna sal jy verstaan.
8 Petrus toe vir Hom: “U sal beslis nie my voete was nie tot in ewigheid nie!” Jesus het hom geantwoord: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
9 Toe Simon Petrus vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my kop.”
10 Maar Jesus vir hom: “Iemand wat gebad is, het nie nodig dat iets anders as sy voete gewas word nie, omdat hy reeds heeltemal skoon is. En julle is skoon, maar nie almal nie.”
11 Want Jesus het geweet wie Hom sou verraai, en daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”
12 Toe Hy hulle voete klaar gewas het en weer sy boklere aangetrek en aangeleun het om te eet, Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?
13 Julle noem my Meester en Here, en julle dit tereg, want Ek is dit.
14 As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
15 Ek het immers vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het.
16 Amen, amen, Ek vir julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
17 As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen.
18 Ek dit nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het, maar die Skrif moet vervul word, ‘Die een wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my gelig.’
19 Ek dit nou reeds vir julle, voor dit gebeur, sodat julle, wanneer dit gebeur, kan glo dat Ek Is.
20 Amen, amen, Ek vir julle: Wie iemand wat Ek stuur ontvang, ontvang My en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
21 Nadat Jesus dit gesê het, was Hy diep ontroerd, en het Hy getuig en gesê: “Amen, amen, Ek vir julle: Een van julle sal My verraai.”
22 Die dissipels het na mekaar gekyk, onseker van wie Hy praat.
23 Een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het teen Jesus se bors geleun.
24 Simon •Petrus het vir hom geknik om uit te vind wie dit sou kon wees van wie Jesus praat.
25 Hy het toe teruggeleun teen Jesus se bors en vir Hom gevra: “Here, wie is dit?”
26 Jesus het hom geantwoord: “Dit is die een vir wie Ek 'n stukkie brood sal indoop en aangee.” Toe Hy die stukkie brood ingedoop het, het Hy dit geneem en aan Judas, seun van Simon Iskariot, gegee.
27 Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het Satan in hom ingevaar. Toe Jesus vir hom: “Wat jy wil doen, moet jy gou doen.”
28 Niemand van dié wat daar aangeleun het om te eet, het verstaan waarom Hy dit aan Judas gesê het nie.
29 Omdat Judas die geldbeurs gedra het, het sommige gedink dat Jesus aan hom gesê het: “Gaan koop wat ons vir die fees nodig het,” of dat hy iets aan die armes moes gee.
30 Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het hy onmiddellik buitentoe gegaan. En dit was nag.
31 Nadat Judas uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou is die •Seun van die Mens verheerlik, en God is deur Hom verheerlik.
32 As God deur Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik, en Hy sal Hom dadelik verheerlik.
33 My kinders, Ek is nog net 'n kort tydjie by julle. Julle sal My soek, maar soos Ek vir die Jode gesê het, Ek ook nou vir julle: Waarheen Ek gaan, kan julle nie gaan nie.
34 Ek gee julle 'n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
35 Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is as julle liefde teenoor mekaar het.”
36 Simon •Petrus vra Hom toe: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy volg.”
37 Maar Petrus vir Hom: “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U aflê.”
38 Toe antwoord Jesus: “Sal jy jou lewe vir My aflê? Amen, amen, Ek vir jou: Die haan sal beslis nie kraai voordat jy My drie keer verloën het nie.”