Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jeremiah 35

:
Afrikaans - AFR20
1 Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het in die dae van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda:
2 “Gaan na die gemeenskap van die Regabiete en praat met hulle! Bring hulle dan na die huis van die Here, na een van die vertrekke, en laat hulle wyn drink.”
3 Ek het toe Jaäsanja, seun van Jeremia, seun van Gabassinja, en sy broers en al sy seuns, ja, die hele gemeenskap van die Regabiete geneem,
4 en hulle na die huis van die Here gebring, na die vertrek van die seuns van Ganan, seun van Jigdalja, die man van God, wat langs die vertrek van die •hoë amptenare was, bo die vertrek van Maäseja, seun van Sallum, die deurwagter.
5 Ek het voor die afstammelinge van die gemeenskap van Regabiete houers vol wyn en bekers neergesit, en vir hulle gesê: “Drink wyn!”
6 Maar hulle het geantwoord: “Ons drink nie wyn nie, want Jonadab, seun van Regab, ons voorvader, het ons beveel, ‘Julle en julle afstammelinge mag tot in ewigheid nie wyn drink nie.
7 Huise mag julle nie bou nie, saad mag julle nie saai nie en wingerde mag julle nie aanplant of besit nie. Maar in tente moet julle woon, al die dae van julle lewe, sodat julle lank mag leef op die grond waar julle as •vreemdelinge vertoef.
8 Ons het geluister na die stem van Jonadab, seun van Regab, ons voorvader, na alles wat hy ons beveel het: om nie, solank ons leef wyn te drink nie ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters
9 en om nie huise te bou om in te woon nie. Wingerde, landerye of saad besit ons nie.
10 Ons het in tente gewoon, en ons het geluister en gedoen net soos Jonadab, ons voorvader, ons beveel het.
11 Maar toe Nebukadresar, die koning van Babilonië teen die land optrek, het ons gesê, ‘Kom, laat ons na Jerusalem gaan, weg van die leër van die Galdeërs en die leër van die Arameërs.’ Ons woon dan nou in Jerusalem.”
12 Die woord van die Here het toe tot Jeremia gekom:
13 “So die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Gaan en vir die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: “Wil julle nie teregwysing aanvaar deur na my woorde te luister nie?” is die uitspraak van die Here.
14 “Die woorde van Jonadab, seun van Regab, waarmee hy sy seuns opdrag gegee het om geen wyn te drink nie, is in stand gehou. Hulle drink tot vandag toe nog nie wyn nie, want hulle gehoorsaam die opdrag van hulle voorvader. Maar Ek, Ek het aanhoudend met julle gepraat, maar julle luister nie na My nie.
15 Ek het aanhoudend al my diensknegte, die profete, na julle gestuur om te sê, ‘Draai tog om, elkeen weg van sy verkeerde pad, en doen wat goed is! Moenie agter ander gode aanloop om hulle te dien nie, sodat julle kan bly woon in die land wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het.’ Maar julle het nie julle ore oopgemaak en na My geluister nie.
16 Ja, die afstammelinge van Jonadab, seun van Regab, het die opdrag van hulle voorvader, wat hy hulle beveel het, in stand gehou, maar hierdie volk luister nie na My nie.
17 “Daarom,” so die Here, die God van alle magte, die God van Israel, “Kyk, Ek gaan oor Juda en al die inwoners van Jerusalem al die onheil bring wat Ek oor hulle uitgespreek het, omdat Ek met hulle gepraat, maar hulle nie geluister het nie, Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.”
18 Vir die gemeenskap van die Regabiete het Jeremia toe gesê: “So die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Omdat julle gehoorsaam was aan die opdrag van Jonadab, julle voorvader, en julle al sy opdragte nagekom en gedoen het net soos hy julle beveel het,
19 daarom,’ so die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘daar sal nooit iemand ontbreek uit die nageslag van Jonadab, seun van Regab, wat by My in diens is nie.’