Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jeremiah 20

:
Afrikaans - AFR20
1 Die priester Pasgur, seun van Immer hy was die hoofopsiener in die •tempel van die Here het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.
2 Pasgur het toe die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat by die boonste Benjaminpoort was in die huis van die Here.
3 Toe Pasgur Jeremia die volgende dag uit die blok uithaal, Jeremia vir hom: “Die Here noem jou nie Pasgur nie, maar Verskrikking aan Alle Kante.
4 Want so die Here, ‘Kyk, Ek gaan jou 'n verskrikking maak vir jouself en vir al jou vriende. Hulle sal deur die swaard van hulle vyande val terwyl jou dit aanskou. Die hele Juda gee Ek oor in die hand van die koning van Babilonië. Hy sal hulle na Babilonië wegvoer en met die swaard ombring.
5 Ek sal al die voorraad van hierdie stad, al haar produkte, al haar kosbaarhede en al die skatte van die konings van Juda oorgee in die hand van hulle vyande. Hulle sal dit buitmaak, dit wegvat en na Babel neem.
6 En jy, Pasgur, en al die inwoners van jou huis, sal in gevangenskap gaan. In Babel sal jy aankom, daar sal jy sterf, en daar sal jy begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy leuens geprofeteer het.’
7 U het my mislei, Here, en ek het my laat mislei. U het my oorweldig, U het die oorhand gekry. Ek word uitgelag, die hele dag; almal dryf die spot met my.
8 Want telkens wanneer ek praat, moet ek dit uitskreeu. “Geweld en verdrukking!” roep ek uit. Ja, die woord van die Here het vir my tot bespotting en hoon geword, die hele dag lank.
9 Ek het al gesê: “Ek sal nie aan Hom dink nie, nie meer in sy Naam iets nie.” Maar dan word dit in my hart soos 'n vuur wat brand, vasgevang in my gebeente! Ek het my moeg gemaak om dit binne te hou, maar ek kon nie.
10 Ja, ek het die geskimp van baie gehoor: “Verskrikking aan alle kante! Neem kennis! Ons sal dit bekend maak!” Al my sogenaamde vriende verwag my val: “Miskien kan hy mislei word, sodat ons die oorhand oor hom kan kry en ons op hom kan wreek.”
11 Maar die Here is by my, soos 'n vreesaanjaende krygsheld. Daarom sal my vervolgers tot 'n val kom; hulle sal nie die oorhand kry nie. Hulle sal geheel en al beskaamd staan, want hulle sal nie slaag nie 'n ewige vernedering wat nie vergeet sal word nie.
12 Here, Heerser oor alle magte, U wat regverdiges toets, wat hart en niere deurskou, laat ek u wraak op hulle sien; want aan U het ek my regsaak toevertrou.
13 Sing vir die Here! Loof die Here! Want Hy het die lewe van 'n behoeftige gered uit die hand van boosdoeners.
14 Vervloek is die dag waarop ek gebore is! Mag die dag waarop my moeder my in die wêreld gebring het, nie geseënd wees nie!
15 Vervloek is die man wat die nuus vir my vader gebring het: “'n Kind is vir jou gebore, 'n seun!” iets wat hom baie bly gemaak het.
16 Mag daardie man wees soos die stede wat die Here platgeslaan het sonder om jammer te wees. Mag hy uitroepe om hulp hoor in die môre, en oorlogskrete teen die middag,
17 omdat hy my nie doodgemaak het in die baarmoeder, sodat my moeder my graf geword het, en haar baarmoeder ewig swanger gebly het nie.
18 Waarom het ek ooit uit die baarmoeder uitgegaan om swaarkry en verdriet te ervaar? Moet my dae in skande eindig?