Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 48

:
Afrikaans - AFR20
1 Luister hierna, huis van Jakob, wat met die naam Israel genoem word, en uit die waters van Juda voortgekom het, wat in die Here se Naam 'n eed aflê en hulle op die God van Israel beroem, maar nie in waarheid en geregtigheid nie,
2 al noem hulle hulleself na die heilige stad, en al steun hulle op die God van Israel die Here, Heerser oor alle magte is sy Naam.
3 Die vroeëre gebeure het Ek al lankal aangekondig uit my mond het die berig gekom; Ek het dit bekend gemaak. Meteens het Ek opgetree, en dit het gebeur.
4 Omdat Ek weet dat jy hardnekkig is, dat jou nek 'n ystersening is en jou voorkop brons,
5 het Ek dit lankal vir jou aangekondig; voordat dit gebeur het, het Ek dit aan jou bekend gemaak. Anders sou jy sê, ‘My afgod het hierdie dinge gedoen, my afgodsbeeld en my gegote beelde het dit beveel.’
6 Jy het dit gehoor; aanskou dit dan nou alles! En julle, sal julle dit nie bekend maak nie? “Van nou af maak Ek aan jou nuwe dinge bekend, dinge wat verborge is, waarvan jy nie geweet het nie.
7 Nou eers is dit geskep, nie tevore nie; voor vandag het jy nie daarvan gehoor nie, sodat jy nie sou sê, ‘Kyk, ek het dit geweet’ nie.
8 Jy het dit nóg gehoor, nóg geweet. Vroeër is jou ore ook nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy beslis ontrou gaan wees. Oortreder van die moederskoot af word jy genoem.
9 Ter wille van my Naam hou Ek my toorn terug, ter wille van die lof wat My toekom, bedwing Ek Myself tot jou voordeel, en om jou nie uit te roei nie.
10 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie in 'n silwersmeltoond nie. Ek het jou getoets in die smeltkroes van ellende.
11 Ter wille van Myself, ja, ter wille van Myself tree Ek op. Want hoe sou my Naam nie ontheilig word nie! En my heerlikheid aan geen ander sal Ek dit gee nie.
12 Luister na My, Jakob, Israel, my geroepene: Dit is Ek; Ek is die eerste, Ek is ook die laaste.
13 Dit is ook my hand wat die aarde gegrondves het, my regterhand wat die hemel oopgespan het. Wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam gereed.
14 “Kom byeen, julle almal, en luister! Wie onder hulle het hierdie dinge aangekondig? Hy vir wie die Here lief is, sal die Here se wil oor Babel voltrek; sy arm sal dit aan die Galdeërs doen.
15 Ek, Ek het gepraat; Ek het hom ook geroep. Ek het hom laat kom, en sy pad sal voorspoedig wees.
16 Kom nader na My toe! Luister hierna: Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie, vanaf die tyd dat dit gebeur het, is Ek daar.” En nou het my Heer, die Here, my gestuur, en ook sy Gees.
17 So die Here, jou •losser, die Heilige van Israel: “Ek is die Here jou God, wat jou leer tot jou voordeel, wat jou lei op die pad wat jy moet loop.
18 As jy maar net ag sou slaan op my gebooie, dan sou jou vrede soos 'n rivier wees, jou geregtigheid soos die golwe van die see;
19 soos die sand sou jou nageslag wees, die nakomelinge uit jou liggaam soos korrels sand. Dan sou hulle nie uitgeroei word nie, en hulle naam sou nie uitgedelg word uit my teenwoordigheid nie.
20 “Gaan uit Babel uit, vlug weg van die Galdeërs! Kondig dit met jubelkrete aan, laat hierdie boodskap hoor! Laat dit uitgaan tot by die einde van die aarde! Sê, ‘Die Here het sy dienaar Jakob losgekoop!
21 Hulle het nie dors geword nie; deur droë streke het Hy hulle laat gaan. Water uit 'n rots het Hy vir hulle laat vloei. Hy het 'n rots gekloof, en water het uitgestroom.’
22 “Daar is geen vrede vir die goddeloses nie,” die Here.