Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Isaiah 45

:
Afrikaans - AFR20
1 So die Here vir sy gesalfde, vir Kores, wie se regterhand Ek vasgegryp het om nasies voor hom te verslaan, deur konings te ontwapen om voor hom deure oop te maak, sodat poorte nie vir hom gesluit sal bly nie,
2 ‘Ek self sal voor jou uit gaan, die berge sal Ek gelyk maak. Deure van brons sal Ek stukkend breek, en sluitbalke van yster sal Ek stukkend kap.
3 Ek gee aan jou skatte in die donker, rykdomme in verborge plekke, sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, is wat jou op jou naam roep, die God van Israel,
4 ter wille van my dienskneg Jakob, en Israel, my uitverkorene. Ek roep jou op jou naam, Ek gee jou 'n erenaam, al het jy My nie geken nie.
5 Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen god nie. Ek omgord jou, al het jy My nie geken nie,
6 sodat hulle van waar die son opkom, en van waar hy ondergaan, kan weet dat daar niks is buiten My nie. Ek is die Here, en daar is geen ander nie
7 die Een wat die lig vorm en die duisternis skep, wat voorspoed bewerk en onheil skep. Ek, die Here, bewerk al hierdie dinge.
8 Hemele daar bo, laat dit neerstuif, en laat die wolke geregtigheid neersif! Die aarde moet oopgaan; dit moet verlossing as vrug voortbring; geregtigheid moet daarmee saam uitspruit. Ek, die Here, het dit geskep.
9 Wee hom wat 'n stryd aanknoop met die een wat hom gevorm het hy is 'n potskerf tussen potskerwe op die grond! Vra die klei vir die een wat dit vorm: “Wat maak jy? Jou maaksel dit het nie eers handvatsels nie!”
10 Wee hom wat vir 'n vader sê: “Waarom verwek jy kinders?” of vir 'n vrou, “Waarom krimp jy ineen vir geboorte?”
11 So die Here, die Heilige van Israel, wat hom gevorm het: “Die dinge wat kom vra My daaroor! Oor my kinders en my handewerk moet julle My mos opdragte gee!
12 Dit is Ek wat die wêreld gemaak het, en die mense daarop het Ek geskep. Ek, ja, my hande het die hemelruim oopgespan, en aan al die hemelliggame het Ek opdragte gegee.
13 Dit is Ek wat hom opgewek het, met die oog op geregtigheid. Al sy paaie sal Ek gelyk maak. Dit is hy wat my stad sal herbou en my ballinge sal vrylaat, sonder 'n koopprys, sonder omkoopgeld,” die Here, Heerser oor alle magte.
14 So die Here: “Die produkte van Egipte, die handelswins van Kus, en die Sabeërs, daardie lang mense, sal na jou toe kom, aan jou sal dit behoort. Hulle sal agter jou aan loop, in kettings sal hulle aankom. Voor jou sal hulle diep neerbuig, by jou sal hulle biddend pleit, ‘Waarlik, by jou is God, en daar is geen ander nie, ja, geen ander God nie.’
15 Waarlik U is God, die Een wat Uself verberg, die God van Israel, die Verlosser.
16 Hulle staan beskaamd, ja, hulle is almal saam verneder. Saam het die beeldemakers in vernedering weggegaan.
17 Israel word verlos deur die Here 'n verlossing vir alle tye. Hulle sal nie beskaamd staan nie, en nie verneder word nie tot in alle ewigheid.
18 Ja, so die Here wat die hemel geskep het Hy is God wat die aarde gevorm en dit gemaak het Hy het dit gevestig nie as 'n onherbergsame plek het Hy dit geskep nie, maar om bewoon te word, het Hy dit gevorm: “Ek is die Here, en daar is geen ander nie.
19 Ek het gepraat nie in die geheim nie, nie iewers in 'n donker land nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê, ‘Soek My in 'n onherbergsame plek’ nie. Ek, die Here, verkondig geregtigheid; Ek kondig aan wat reg is.
20 Kom byeen, ja, kom! Kom almal nader, julle van die nasies wat ontvlug het! Hulle weet niks nie, hulle wat hulle afgodsbeelde van hout dra, wat bid tot 'n god wat nie verlos nie.
21 Stel die saak en bring die bewyse! Beraadslaag ook saam! Wie het hierdie saak lankal reeds bekend gestel, dit tevore al aangekondig? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is geen ander God buiten My nie 'n regverdige God, en Een wat verlos geeneen behalwe Ek nie.
22 Wend julle tot My, en word verlos, almal van die uithoeke van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
23 By Myself sweer Ek, uit my mond gaan 'n belofte oor geregtigheid, en dit sal nie herroep word nie: Voor My sal elke knie buig, elke tong sal plegtig verklaar,
24 ‘Net by die Here, hulle dan van My, ‘is daar kragtige dade van geregtigheid.’ Na Hom toe sal hulle kom en beskaamd staan, almal wat vir Hom kwaad is.
25 Deur die Here sal die hele nageslag van Israel tot hulle reg kom, en in Hom roem.