Isaiah 38AFR20

1In dié tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja, seun van Amos, het by hom aangekom en vir hom gesê: “So sê die Here, ‘Gee die laaste opdragte oor jou huisgesin, want jy gaan sterf; jy sal nie leef nie.’ ”

2Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en tot die Here gebid.

3Hy het gesê: “Ag, Here, dink tog daaraan dat ek in getrouheid en met 'n onverdeelde hart voor U geleef het, dat ek gedoen het wat goed is in u oë!” Hiskia het toe bitterlik gehuil.

4Die woord van die Here het tot Jesaja gekom:

5“Gaan sê vir Hiskia, ‘So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien. Kyk, Ek sal vyftien jaar by jou lewensdae voeg,

6en Ek sal jou en hierdie stad red uit die greep van die koning van Assirië. Ek sal hierdie stad afskerm.

7En dit sal vir jou van die Here af die teken wees dat die Here hierdie woord wat Hy gespreek het, sal uitvoer:

8Kyk, Ek sal die skaduwee van die sonwyser van Agas wat met die son afgeskuif het, tien eenhede laat terugskuif.” ’ ” Toe het die son die tien eenhede wat dit gesak het op die sonwyser, teruggeskuif.

9'n Geskrif van Hiskia, die koning van Juda, toe hy siek was en van die siekte herstel het.

10Ek het by myself gedink, in die middel van my lewensdae moet ek deur die poorte van die •doderyk gaan. Ek is opgeroep vir die res van my jare.

11Ek het gedink: Ek sal die Here nie sien nie – die Here in die land van die lewendes. Ek sal nie meer na mense kyk saam met die bewoners van die wêreld nie.

12My woonplek is afgeslaan en van my weggeneem, soos die tent van 'n herder. Soos 'n wewer het ek my lewe opgerol – van die skering het Hy my losgeknip. Dag en nag laat U my dit ontgeld.

13Ek het om hulp geroep tot die oggend. Soos 'n leeu, breek Hy al my beendere. Dag en nag laat U my dit ontgeld.

14Soos 'n swaeltjie, soos 'n kraanvoël, so kerm ek; ek kla soos 'n duif. My oë word klein soos ek kyk na die hemel. My Heer, dit druk swaar op my; staan U vir my in!

15Wat kan ek sê? Hy het dit vir my gesê; Hy het self opgetree. Sal ek al my lewensjare moeisaam voortgaan, weens die bitterheid van my siel?

16My Heer, mense leef van wat U sê en doen; en dit geld vir almal in die lewensjare. My lewensasem – U moet my gesond maak, hou my aan die lewe!

17Kyk, tot vrede het my intense bitterheid gelei; U self het my lewe teruggehou van die kuil van vernietiging, ja, U het al my sondes die rug toegekeer.

18Want die doderyk sal U nie prys nie; die dood sal U nie loof nie. Dié wat na die put afdaal, verlaat hulle nie op u trou nie.

19Dit is die een wat leef, die een wat leef – hý prys U, soos ek vandag. 'n Vader kan u trou bekend maak aan sy kinders.

20Die Here is daar tot my redding; ons sal my snaarinstrumente laat opklink by die huis van die Here solank ons leef.

21Jesaja het gesê: “Hulle moet saamgeperste droë vye bring en aan die sweer smeer, sodat hy sal kan bly leef.”

22Hiskia het mos gevra: “Wat is die teken dat ek na die huis van die Here sal opgaan?”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 38.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.