Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 9

:
Afrikaans - AFR20
1 Moenie vrolik wees nie, Israel, moenie juig soos die volke nie, want jy het van jou God af weg hoereer; jy was lief vir hoereloon op al die dorsvloere vir koring.
2 Die dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en •nuwe wyn sal daarin ontbreek.
3 Hulle sal nie in die land van die Here bly nie, maar Efraim sal na Egipte terugkeer en in Assirië sal hulle •onrein kos eet.
4 Hulle sal nie vir die Here wyn uitgiet nie, en hulle sal nie vir Hom hulle offers aanbied nie. Soos kos van mense wat rou, sal dit vir hulle wees almal wat daarvan eet, sal hulleself verontreinig. Ja, hulle kos sal net vir hulle eie kele wees, dit sal nie in die huis van die Here kom nie.
5 Wat gaan julle doen in die feestyd, in die tyd van die pelgrimsfees vir die Here?
6 Want kyk, dié wat aan die verwoesting ontkom Egipte sal hulle bymekaarmaak en Moof sal hulle begrawe. Hulle kosbaarhede van silwer brandnetels sal dit in besit neem; sydissels sal in hulle tente wees.
7 Die dae van afrekening het aangebreek; die dae van vergelding het gekom Israel sal dit ervaar. Jy sê: “Die profeet is 'n gek, die man met die gees is waansinnig!” Ja, dit is oor die omvang van jou sondeskuld en omdat die vyandigheid so groot is.
8 'n Profeet is die een wat saam met my God waak oor Efraim; maar die net van die voëlvanger is op al sy paaie; daar is vyandigheid in die huis van sy God.
9 Hulle het uiters verdorwe opgetree soos in die dae van Gibea. Hy gaan hulle sondeskuld in herinnering roep, Hy gaan rekenskap eis oor hulle sondes.
10 Soos druiwe in die woestyn het Ek Israel gevind. Soos die voorvye aan 'n vyeboom in sy eerste drag het Ek julle voorouers gesien. Maar hulle het by Baäl-Peor aangekom, hulleself aan die skandelike afgod gewy, en net so walglik geword soos dit waarvoor hulle lief is.
11 Efraim, soos 'n voël sal hulle aansien wegvlieg daar sal geen geboorte, geen swangerskap en geen bevrugting wees nie.
12 Selfs as hulle hulle kinders grootmaak, sal Ek hulle kinderloos maak; geen mens sal oorbly nie. Ja, wee hulle ook as Ek My aan hulle onttrek.
13 Efraim, ek het hom gesien as 'n jong palm geplant in 'n weiveld. Maar Efraim sal sy kinders moet uitlewer aan 'n moordenaar.”
14 Gee vir hulle, Here, wat U wil gee; gee vir hulle kinderlose moederskote en verskrompelde borste.
15 Al hulle boosheid het in Gilgal begin, ja, daar het Ek 'n weersin in hulle gekry. Oor die boosheid van hulle dade gaan Ek hulle uit my huis verdryf; Ek sal hulle nie verder liefhê nie. Al hulle leiers is opstandig.
16 “Efraim is getref, hulle wortels het verdroog, hulle sal nie enige vrug dra nie. Selfs as hulle kinders verwek, sal Ek dit wat so waardevol is in hulle moederskoot, ombring.”
17 My God verwerp hulle, omdat hulle nie na Hom geluister het nie. Hulle sal swerwers wees onder die nasies.