Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hebrews 1

:
Afrikaans - AFR20
1 In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,
2 maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun. Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep.
3 Hy is die uitstraling van God se heerlikheid, en die ewebeeld van sy wese. Hy hou alles in stand deur sy magtige woord; en nadat Hy die reiniging van sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogtes.
4 Hy is hoog bo die engele verhef, net soos wat Hy 'n Naam geërf het wat uitnemender as hulle s'n is.
5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.” En ook: “Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees.”
6 Maar wanneer Hy die •Eersgeborene weer in die wêreld inlei, Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.”
7 Oor die engele Hy: “Hy maak sy engele stormwinde, en sy dienaars vuurvlamme.”
8 Maar vir die Seun Hy: “U troon, o God, is vir ewig en ewig, en die septer van geregtigheid is die septer van u koninkryk!
9 U het •geregtigheid lief, en U haat wetteloosheid; daarom, o God, het u God U gesalf met olie van vreugde, meer as u vriende.”
10 En: “U het aan die begin, o Here, die aarde se fondamente gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
11 Hulle sal vergaan, maar U bly bestaan. Soos 'n kledingstuk sal hulle almal verslyt,
12 en soos 'n mantel sal U hulle oprol; soos 'n kledingstuk sal hulle vervang word, maar U bly dieselfde, en u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”
13 Aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete gemaak het.”
14 Is hulle nie almal dienende geeste, wat uitgestuur word ter wille daarvan om hulle wat die verlossing sal beërf, by te staan nie?