Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Genesis 38

:
Afrikaans - AFR20
1 In daardie tyd het Juda laer af getrek, weg van sy broers, en sy tente opgeslaan tot hy gekom het by 'n man van Adullam met die naam Gira.
2 Daar het Juda 'n Kanaänitiese man, met die naam Sua, se dogter gesien. Hy het haar as vrou geneem en by haar ingegaan.
3 Sy het swanger geraak en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom die naam Er gegee.
4 Sy het weer swanger geraak en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom die naam Onan gegee.
5 Sy het weer 'n keer aan 'n seun geboorte gegee en hom die naam Sela gegee. Juda was in Kesib toe sy aan hom geboorte gegee het.
6 Juda het vir Er, sy eersgeborene, 'n vrou geneem met die naam Tamar.
7 Maar Er, Juda se eersgeborene, was sleg in die van die Here, en die Here het hom laat sterf.
8 Toe Juda vir Onan: “Gaan in by jou broer se vrou en doen jou plig as swaer teenoor haar, en vestig vir jou broer 'n nageslag!”
9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie sy eie sou wees nie. Daarom het hy, wanneer hy by sy broer se vrou ingegaan het, sy saad op die grond gestort, om nie vir sy broer 'n nageslag te gee nie.
10 Wat hy gedoen het, was verkeerd in die van die Here, en Hy het ook hom laat sterf.
11 Juda toe vir Tamar, sy skoondogter: “Gaan bly as 'n weduwee in die huis van jou pa totdat my seun Sela groot is.” Want, het hy gedink, anders sterf hy ook soos sy broers. Tamar het toe in die huis van haar vader gaan bly.
12 Intussen het baie dae verloop. Juda se vrou, die dogter van Sua, het gesterf. Nadat Juda klaar gerou het, het hy en sy vriend Gira, uit Adullam, opgegaan na die skeerders van sy kleinvee in Timna.
13 Daar is aan Tamar berig gebring: “Kyk, jou skoonpa gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.”
14 Sy trek toe die klere van haar weduweeskap uit, bedek haar gesig met 'n sluier en vermom haar. Sy het by die ingang van Enajim, wat langs die pad na Timna is, gaan sit; want sy het gesien dat Sela grootgeword het, maar sy is nie vir hom as vrou gegee nie.
15 Toe Juda haar sien, het hy haar as 'n prostituut beskou, want sy het haar gesig bedek.
16 Hy het op die pad na haar afgedraai en gesê: “Kom, ek wil by jou ingaan!” Hy het immers nie besef dat dit sy skoondogter was nie. Sy vra toe: “Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?”
17 Sy antwoord was: “Ek sal self vir jou 'n boklam uit my kleinvee stuur.” Maar sy het gesê: “As jy vir my 'n pand gee totdat jy dit stuur, ja.”
18 Hy vra toe: “Wat is die pand wat ek vir jou moet gee?” Sy het geantwoord: “Jou rolseël en koord en die staf in jou hand.” Hy het dit vir haar gegee en by haar ingegaan, en sy het van hom swanger geword.
19 Sy het opgestaan en weggegaan. Sy het haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
20 Juda het toe die boklam saam met sy vriend uit Adullam gestuur om die pand by die vrou te kry. Maar hy kon haar nie kry nie.
21 Hy het vir die manne van haar plek gevra: “Waar is die prostituut wat in Enajim langs die pad was?” Maar hulle het gesê: “Hier was nie 'n prostituut nie.”
22 Hy keer toe terug na Juda en sê: “Ek kry haar nie, en die manne van die plek het ook gesê, ‘Hier was nie 'n prostituut nie.’
23 Toe Juda: “Laat sy dit hou, anders word ons verag. Kyk, ek het wel hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gekry nie.”
24 Ongeveer drie maande later word daar toe aan Juda berig gebring: “Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en erger nog, kyk, sy is swanger van die hoerery.” Juda toe: “Bring haar uit, sodat sy verbrand kan word.”
25 Terwyl sy uitgebring word, stuur sy toe 'n boodskap vir haar skoonvader: “By die man aan wie hierdie goed behoort, het ek swanger geraak.” Sy het ook gesê: “Stel tog vas aan wie hierdie rolseël en koord en staf behoort!”
26 Juda het dit herken en gesê: “Sy is reg, eerder as ek; want ek het haar mos nie vir my seun Sela gegee nie.” Hy het nie weer met haar gemeenskap gehad nie.
27 En toe dit tyd word vir haar bevalling, kyk, toe is daar 'n tweeling in haar moederskoot!
28 Terwyl sy geboorte gee, steek een 'n handjie uit. Die vroedvrou neem dit toe en bind 'n stukkie karmosynrooi tou aan sy hand, met die woorde: “Hierdie een het eerste uitgekom.”
29 Maar toe hy sy handjie terugtrek, daar kom sy broer uit! Toe sy: “Wat 'n deurbraak het jy ter wille van jouself gemaak!” Hulle het hom Peres genoem.
30 Daarna het sy broer uitgekom, die een wat die stukkie karmosynrooi tou aan sy handjie gehad het. Hulle het hom Serag genoem.