Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Galatians 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Hiermee bedoel ek: Solank as die erfgenaam nog minderjarig is, verskil hy niks van 'n slaaf nie, alhoewel hy die eienaar van alles is.
2 Maar hy staan onder die beheer van voogde en bestuurders, tot die tyd aanbreek wat deur sy vader bepaal is.
3 Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld;
4 maar toe die tyd vervul is, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
5 sodat Hy dié onder die wet kon loskoop, sodat ons as sy kinders aangeneem kon word.
6 En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die Gees wat roep: Abba, Vader!”
7 Jy is dus nie meer slaaf nie, maar seun; en as jy seun is, is jy ook erfgenaam deur God.
8 Maar vroeër, toe julle God nog nie geken het nie, was julle verslaaf aan gode wat in werklikheid nie bestaan nie.
9 En noudat julle God leer ken het of liewer, noudat julle deur God geken is hoe is dit moontlik dat julle weer terugdraai na die swak en minderwaardige elementêre beginsels, en weer van voor af daaraan verslaaf wil raak?
10 Julle onderhou vasgestelde dae en maande en tye en jare.
11 Wat julle betref, is ek bevrees dat al my harde arbeid onder julle dalk tevergeefs was.
12 Ek smeek julle, broers, word soos ek, omdat ek soos julle geword het! Julle het my geen onreg aangedoen nie.
13 Julle weet dat ek die eerste keer weens my siekte die evangelie aan julle verkondig het,
14 en alhoewel my siek liggaam vir julle 'n beproewing was, het julle my nie verag of verfoei nie. Inteendeel, julle het my soos 'n engel van God ontvang, soos •Christus Jesus!
15 Waar is julle blydskap oor my dan nou? Ek kan van julle getuig dat, indien dit moontlik was, julle julle sou uitruk en vir my sou gee!
16 Het ek dan julle vyand geword omdat ek vir julle die waarheid vertel?
17 Hulle beywer hulle nie met goeie bedoelings vir julle nie; inteendeel, hulle wil julle van my af weghou, sodat julle julle vir húlle kan beywer.
18 Dis goed om julle altyd vir die goeie te beywer, en nie net wanneer ek by julle is nie.
19 My kinders, ek ervaar weer geboortepyne oor julle, totdat Christus in julle gestalte kry.
20 Ek wens ek was nou by julle, en kon met 'n ander stemtoon met julle praat, want ek is raadop met julle!
21 vir my, julle wat onder die gesag van die wet wil staan, luister julle dan nie na die wet nie?
22 Want daar staan geskryf dat Abraham twee seuns gehad het, een by 'n slavin, en een by 'n vrou wat vry was.
23 Die slavin se seun is op 'n natuurlike manier verwek, maar die vrou wat vry is se seun op grond van 'n belofte.
24 Om dit allegories te stel: Hierdie twee vroue verteenwoordig twee verbonde: die een wat van die berg Sinai af kom, bring slawe voort; dit is Hagar.
25 En Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië; sy verteenwoordig die huidige Jerusalem, omdat sy en haar kinders slawe is.
26 Maar die Jerusalem daarbo is vry; sy is ons moeder!
27 Want daar staan geskryf: “Wees bly, onvrugbare vrou wat nie geboorte skenk nie! Jubel en juig, jy wat nie geboortepyne ken nie! Want die baie kinders van die verlate vrou is meer as dié van die vrou met 'n man.”
28 En julle, broers, is, net soos Isak, kinders van die belofte.
29 Maar, soos hy wat op 'n natuurlike manier verwek is, destyds die een vervolg het wat deur die werking van die Gees verwek is, so gebeur dit ook nou.
30 Maar wat die Skrif? “Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die slavin mag hoegenaamd nie saam met die seun van die vrou wat vry is, erf nie!”
31 Daarom, broers, is ons nie kinders van die slavin nie, maar van die vrou wat vry is.