Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Galatians 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Paulus, 'n •apostel nie op gesag van mense of deur 'n mens nie, maar wel deur Jesus •Christus en God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het
2 en al die broers saam met my, aan die •gemeentes van Galasië:
3 Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus,
4 Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader,
5 aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig! •Amen.
6 Ek is verbaas dat julle so gou van Hom wat julle deur die genade van •Christus geroep het, wegdraai na 'n ander evangelie.
7 Daar is nie 'n ander evangelie nie al is daar sommige mense wat julle probeer verwar, en die evangelie van Christus wil verdraai.
8 Maar selfs al sou ons, of 'n engel uit die hemel, 'n evangelie aan julle verkondig in stryd met wat ons aan julle verkondig het, laat hom vervloek wees!
9 Soos ons vantevore gesê het, ek nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees!
10 Probeer ek nou mense tevrede stel, of God? Of soek ek die guns van mense? As ek nog steeds mense se guns sou probeer wen, sou ek nie meer 'n dienskneg van Christus wees nie!
11 Ek wil julle moet weet, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie 'n menslike saak is nie;
12 want ek het dit nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar wel deur 'n openbaring van Jesus •Christus.
13 Julle het immers gehoor hoe ek vroeër volgens die Joodse godsdiens geleef het, dat ek die •kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer vernietig het,
14 en dat ek in die uitlewing van die Joodse godsdiens baie van my tydgenote in my volk oortref het, deurdat ek my soveel meer beywer het vir die tradisies van my voorvaders.
15 Toe God dit egter goedgevind het Hy wat my afgesonder het van voor my geboorte af en my deur sy genade geroep het
16 om sy Seun aan my te openbaar, sodat ek Hom aan die heidene sou verkondig, het ek nie dadelik vlees en bloed geraadpleeg nie.
17 Ook het ek nie na Jerusalem opgegaan na hulle wat vóór my •apostels was nie, maar ek het wel na Arabië gegaan, en toe weer na Damaskus teruggekeer.
18 Eers later, drie jaar, het ek na Jerusalem opgegaan om Sefas te ontmoet, en ek het vyftien dae by hom gebly;
19 maar van die apostels het ek niemand anders gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.
20 Wat ek vir julle skryf, kyk, dit ek voor God ek lieg nie!
21 Later het ek na die streke van Sirië en Silisië gegaan,
22 maar ek was persoonlik onbekend by die Christelike •gemeentes in Judea.
23 Al wat hulle steeds bly hoor het, was: “Hy wat ons voorheen vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër probeer vernietig het!”
24 En hulle het God oor my verheerlik.