Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 30

:
Afrikaans - AFR20
1 Die woord van die Here het tot my gekom:
2 “Mensekind, profeteer en sê, ‘So my Heer, die Here: “Huil! Helaas, dit is die dag!
3 Ja, naby is die dag; naby is die dag van die Here 'n dag van wolke; 'n tyd van oordeel oor nasies sal dit wees.
4 'n Swaard sal teen Egipte kom; daar sal 'n siddering van angs wees in Kus wanneer deurboordes in Egipte val. Hulle sal sy rykdom wegvat en sy fondamente afbreek.
5 “Kus, Put en Lud, al die huurtroepe en Kub, ook mense uit die land van die verbond sal deur die swaard saam met hulle val.”
6 So die Here: “Hulle wat Egipte ondersteun, sal val; die krag waarop hy trots is, sal ondergaan. Van Migdol tot by Sewene sal hulle deur die swaard in Egipte val.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
7 Hulle sal verlate wees tussen lande wat verlate lê, en sy dorpe sal tussen stede wat puinhope is.
8 Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek 'n vuur aansteek in Egipte, en al sy helpers gebreek word.
9 “Daardie dag sal boodskappers in skepe van My af uitgaan om Kus, wat vol selfvertroue is, te verskrik. Daar sal 'n siddering van angs by hulle wees op die dag van Egipte; want kyk, dit kom.”
10 So my Heer, die Here: “Ek maak 'n einde aan die rykdom van Egipte deur die hand van Nebukadresar, die koning van Babilonië.
11 Hy en sy manskappe saam met hom die gewelddadigstes van die nasies word gebring om die land te verwoes. Hulle sal hulle swaarde trek teen Egipte en die land met deurboordes vul.
12 Ek sal die strome van die Nyl droë grond maak, en die land oorlewer in die hand van booswigte. Ek sal die land met alles daarin verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die Here, het gepraat.”
13 So my Heer, die Here: “Ek sal die afgodsbeelde vernietig, die nikswerd afgode uit Nof laat verdwyn; en 'n leier uit Egipteland sal daar nie meer wees nie. Ek sal vrees laat posvat in Egipte.
14 Ek sal Patros verlate maak, 'n vuur aansteek in Soan, oordele voltrek in No.
15 Ek sal my woede uitstort oor Sin, die vesting van Egipte. Ek sal die hordes van No uitroei.
16 Ek sal 'n vuur aansteek in Egipte; Sin sal ineenkrimp van angs; No sal oopgeruk word; en Nof helder oordag is daar teenstanders!
17 Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val; die stede self sal in ballingskap gaan.
18 In Tagpanhes sal die dag donker wees wanneer Ek daar die jukke van Egipte breek, en die krag waarop hy trots is, tot 'n einde kom. Die stad self 'n wolk sal dit oordek, en haar dogters sal in ballingskap gaan.
19 Ek sal oordele in Egipte voltrek, en hulle sal besef dat Ek die Here is.”
20 In die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende dag van die maand, het die woord van die Here tot my gekom:
21 Mensekind, die arm van die farao, die koning van Egipte, het Ek gebreek. Kyk, dit is nie verbind sodat dit kan genees, nie gespalk sodat dit sterk kan word en 'n swaard kan vashou nie.
22 Daarom, so die Heer, die Here, ‘dit is Ek teen die farao, die koning van Egipte! Ek sal sy arms breek, die gesonde een en die gebreekte een. Ek sal sy swaard uit sy hand laat val,
23 en Ek sal die Egiptenare onder die nasies versprei, hulle verstrooi in die lande.
24 Ek sal die koning van Babilonië se arms sterk maak en my swaard in sy hand gee. Maar Ek sal die arms van die farao breek. Dodelik verwond, sal hy kreunend voor hom kerm.
25 Ek sal die koning van Babilonië se arms sterk maak, maar die farao se arms sal slap hang. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek my swaard in die hand van die koning van Babilonië gee, en hy dit uitsteek na Egipteland.
26 Ek sal die Egiptenare onder die nasies versprei en hulle verstrooi in die lande. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.’