Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 22

:
Afrikaans - AFR20
1 Die woord van die Here het tot my gekom:
2 En jy, mensekind, sal jy regspreek, sal jy regspreek oor die stad van bloed? Maak aan haar al haar afstootlike dade bekend.
3 Jy moet sê, ‘So my Heer, die Here: “Stad wat in haar midde bloed vergiet, sodat haar tyd aanbreek; wat afgodsbeelde in haar maak, sodat sy •onrein word;
4 deur jou bloed wat jy vergiet het, is jy skuldig; deur jou afgodsbeelde wat jy gemaak het, het jy onrein geword. Jy het jou dag laat aanbreek, jy het jou jare bereik. Daarom lewer Ek jou uit aan bespotting deur die nasies, aan die spotlag van alle lande.
5 Dié wat naby jou is en dié wat ver van jou is, lag jou uit jy, met die besoedelde naam, jy, so vol paniek.
6 Kyk, die leiers van Israel, elkeen is daar in jou net vir eie gewin, sodat bloed vergiet word.
7 Vaders en moeders word in jou geminag; •vreemdelinge word uitgebuit in jou midde; vaderloses en weduwees word in jou verdruk.
8 Wat vir My heilig is, minag jy, en my Sabbatte ontheilig jy.
9 Mense wat kwaad stook, is in jou, sodat bloed vergiet word. Hulle wat op die berge eet, is in jou. Skandelike dade doen hulle in jou midde:
10 Die naaktheid van vaders word in jou ontbloot; vroue, onrein tydens menstruasie, word in jou verkrag;
11 hulle doen wat afstootlik is met mekaar se vroue; 'n man verontreinig sy skoondogter deur 'n skandelike daad; 'n man verkrag sy suster, dogter van sy vader, in jou.
12 In jou word omkoopgeld aanvaar, sodat bloed vergiet word. Rente en woekerrente neem jy, jy berokken jou naaste skade deur uitbuiting, en My vergeet jy.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
13 “Kyk, Ek slaan my hande saam oor die onregverdige wins wat jy gemaak het en oor die bloedskuld wat daar in jou midde is.
14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk bly in die tyd wanneer Ek teen jou optree? Ek, die Here, het gepraat, en Ek gaan optree.
15 Ek gaan jou versprei onder die nasies, jou verstrooi in die lande; Ek gaan jou onreinheid volledig uit jou verwyder.
16 Wanneer jy deur jou eie toedoen ontheilig word voor die nasies, sal jy besef dat Ek die Here is.”
17 Die woord van die Here het tot my gekom:
18 Mensekind, die huis van Israel het vir my metaalskuim geword; hulle almal is die koper, tin, yster en lood wat in 'n smeltoond agterbly. Metaalskuim van silwer het hulle geword.
19 Daarom, so die Heer, die Here, ‘Omdat julle almal metaalskuim geword het, daarom, kyk, in Jerusalem gaan Ek julle saamgooi.
20 Silwer, koper, yster, lood of tin word in 'n smeltoond saamgegooi om vuur daarteen aan te blaas, sodat dit smelt. So sal Ek julle saamgooi in my toorn en woede, julle ingooi en julle laat smelt.
21 Ek sal julle bymekaarmaak en die vuur van my gramskap teen julle aanblaas, en julle sal in die stad smelt.
22 Soos silwer in 'n pot gesmelt word, so sal julle in die stad gesmelt word. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, my woede oor julle uitgestort het.’
23 Die woord van die Here het tot my gekom:
24 “Mensekind, vir die land, ‘Jy is 'n land wat nie rein verklaar kan word nie, wat op die dag van vervloeking sy reën nie kry nie,
25 wie se leiers in hom soos brullende leeus is wat 'n prooi verskeur lewens verslind hulle; skatte en kosbaarhede vat hulle; weduwees in die land maak hulle meer.’
26 Sy priesters doen my wet geweld aan; hulle ontheilig wat vir My heilig is; tussen wat heilig en wat onheilig is, maak hulle geen onderskeid nie; die verskil tussen rein en onrein maak hulle nie bekend nie. Vir my Sabbatte sluit hulle die oë, en my heiligheid word aangetas onder hulle.
27 Die •hoë amptenare van die land is in hom soos wolwe wat 'n prooi verskeur om bloed te vergiet en lewens te vernietig, sodat hulle onregverdige wins kan maak.
28 Sy profete pleister alles vir hulle toe met kalk: Hulle sien vals visioene en voorspel leuens. Hulle altyd, ‘So my Heer, die Here, terwyl die Here nie gepraat het nie.
29 Die volk van die land buit mense uit en beroof hulle. Die magteloses en behoeftiges verdruk hulle, en vreemdelinge pers hulle af asof hulle geen regte het nie.
30 Ek het onder hulle iemand gesoek wat 'n klipmuur kan pak en wat voor My in die bres kan tree vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie, maar Ek kon niemand kry nie.
31 Daarom stort Ek my verontwaardiging oor hulle uit; met die vuur van my gramskap vernietig Ek hulle. Ek laat hulle optrede op hulle koppe neerkom.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.