Ezekiel 19AFR20

1“ Jy dan, hef 'n treurlied aan oor die leiers van Israel.

2Jy moet sê, ‘Wat 'n leeuwyfie was jou moeder nie! Tussen die leeus het sy gelê; tussen jong leeus het sy haar welpies grootgemaak.

3Sy het een van haar welpies opgelei; hy het 'n jong leeu geword, en geleer om sy prooi te verskeur; hy het mense verslind.

4Nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang; met hake het hulle hom na Egipteland geneem.

5“ ‘Toe sy sien haar hoop is verydel, haar verwagting verlore, het sy een van haar welpies geneem, 'n jong leeu van hom gemaak.

6Hy het tussen leeus rondgestap, 'n jong leeu geword, geleer om sy prooi te verskeur; hy het mense verslind.

7Hy het hulle vestings verwoes, hulle dorpe in puin gelê. Die land en alles daarop het gebeef vir die geluid van sy gebrul.

8Nasies het hulle teen hom opgestel uit die omliggende gebiede; hulle vangnet is oor hom gegooi; in hulle vangkuil is hy gevang.

9Hulle het hom in 'n halsband met hake gesit, hom na die koning van Babilonië geneem. Hulle het hom in die gevangenis ingeneem, sodat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.

10“ ‘Met jou moeder was dit soos met 'n wingerdstok in jou wingerd, by water geplant. Dit was vol vrugte en lote van die oorvloed water.

11Dit het sterk stamme gehad, geskik vir die septers van heersers. Die top daarvan was hoog, bo tussen digte ranke – uitkenbaar aan sy hoogte, aan sy baie blare.

12“ ‘ Maar dit is in woede uitgeruk, op die grond neergegooi. Die oostewind het sy vrugte laat verdor; sy sterk stamme is afgeskeur en het verdroog, vuur het dit verteer.

13Nou is dit in die woestyn geplant, in 'n dor en dorstige land.

14Vuur het uit die stam met sy ranke versprei; dit het sy vrugte verteer. Aan die wingerdstok is nie meer 'n sterk stam, 'n septer om te heers nie.’ “Dit is 'n treurlied; dit moet dien as 'n treurlied.”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Ezekiel 19.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.