Ephesians 3AFR20

1Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van •Christus Jesus, ter wille van julle, die heidene.

2Julle het tog gehoor dat die taak van die bediening van God se genade teenoor julle aan my toevertrou is.

3Deur openbaring is die geheimenis aan my bekend gemaak, soos ek reeds kortliks geskryf het.

4Wanneer julle dit lees, sal julle daardeur my insig in die geheimenis van Christus kan begryp.

5Die geheimenis is nie aan vorige geslagte onder die mensdom bekend gemaak, soos dit tans deur die Gees aan sy heilige •apostels en profete geopenbaar is nie,

6naamlik dat die heidene deur die evangelie mede-erfgename, medelede van die liggaam en deelgenote aan die belofte in Christus Jesus is.

7Van dié evangelie het ek 'n dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag.

8Aan my, minder as die geringste van al die •heiliges, is hierdie genade geskenk, om aan die heidene die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig,

9en om almal in te lig wat die uitvoering van die geheimenis is wat vir eeue lank verborge was in God, wat alle dinge geskep het.

10Gevolglik kan die ryklik geskakeerde wysheid van God nou deur die •kerk aan die owerhede en die magte in die hemel bekend gemaak word,

11ooreenkomstig sy ewige voorneme, wat Hy gemaak het in Christus Jesus, ons Here.

12In Hom het ons, deur ons geloof in Hom, 'n seker en vrymoedige toegang tot God.

13Daarom versoek ek julle om nie moedeloos te word as gevolg van my verdrukking ter wille van julle nie. Dit sal julle tot eer strek.

14Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader,

15van wie elke geslag in die hemel en op aarde sy naam ontvang.

16Ek bid dat Hy vir julle na die rykdom van sy heerlikheid dít sal skenk: om deur sy Gees met krag na die innerlike mens versterk te word,

17sodat •Christus deur die geloof in julle harte mag woon, terwyl julle in die liefde gewortel en gegrond is,

18sodat julle volledig in staat mag wees om saam met al die •heiliges tot die besef te kom van die breedte en die lengte en die hoogte en die diepte,

19ja, om die liefde van Christus te leer ken, wat alle begrip te bowe gaan, sodat julle gevul mag word met al die volheid van God.

20Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink,

21aan Hom kom toe die heerlikheid in die •kerk en in •Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig. •Amen.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Ephesians 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.