Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Ecclesiastes 10

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Dooie vlieg laat die olie van 'n salfmenger stink en gis; 'n bietjie dwaasheid het groter gevolge as wysheid, as eer.
2 Die hart van 'n wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas na links.
3 Selfs op pad, soos 'n dwaas vorder, toon hy 'n gebrek aan insig; hy gee aan elkeen te kenne dat hy dwaas is.
4 As die heerser sy humeur teenoor jou verloor, moenie jou pos verlaat nie, want kalmte maak ernstige oortredings onskadelik.
5 Daar is 'n euwel wat ek gesien het onder die son, 'n mistasting wat by die heerser ontstaan:
6 Die dwaas word in vele hoë posisies geplaas, terwyl rykes in lae posisies sit.
7 Ek het slawe op perde gesien, en •hoë amptenare wat op die grond loop soos slawe.
8 Wie 'n put grawe, kan self daarin val; en wie 'n muur afbreek 'n slang kan hom pik.
9 Wie klippe uitbreek, kan homself daarmee beseer; wie hout kloof, kan daardeur in gevaar kom.
10 As die byl stomp word, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy meer kragte inspan. 'n Voordeel is om wysheid in te span.
11 As die slang pik voor hy besweer is, is daar geen voordeel vir die besweerder nie.
12 Woorde uit die mond van 'n wyse bring guns, maar die lippe van 'n dwaas oorweldig hom.
13 Die begin van die woorde uit sy mond is dwaasheid, en die einde van sy gepraat is rampspoedige domheid.
14 En die dwaas het soveel te sê! Die mens weet nie wat sal gebeur nie; wat hom gaan gebeur wie kan hom daaroor inlig?
15 Die inspanning van 'n dwaas maak hom moeg, hy wat nie weet hoe om die stad te bereik nie.
16 Wee jou, land, as jou koning nog 'n kind is, en jou hoë amptenare soggens feesvier.
17 Gelukkig is jy, land, as jou koning van edeles afstam, en jou hoë amptenare op die regte tyd feesvier, met selfbeheersing en nie met 'n gedrink nie.
18 Opperste luiheid laat die dakbalke uitsak, en slap hande laat die huis lek.
19 Feeste word gehou vir plesier en wyn vrolik die lewe op geld maak dit alles moontlik.
20 Selfs in jou gedagte moet jy die koning nie vervloek nie, en selfs in jou slaapkamer moet jy 'n ryke nie vervloek nie. Want die voëls van die hemel kan die geluid wegdra, 'n gevleuelde kan dalk 'n woord oordra.