Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Deuteronomy 17

:
Afrikaans - AFR20
1 Jy mag nie vir die Here jou God 'n bul of 'n stuk kleinvee offer waaraan daar 'n gebrek is nie enigiets ernstigs want dit is afstootlik vir die Here jou God.
2 As daar by jou, in een van die dorpe wat die Here jou God vir jou gaan gee, 'n man of vrou betrap word wat doen wat verkeerd is in die van die Here jou God, deurdat die persoon sy verbond oortree
3 en ander gode gaan dien en voor hulle in aanbidding buig voor die son of die maan of enige van die hemelligame, iets wat die Here nie beveel het nie
4 en dit word aan jou oorvertel of jy kom dit te hore, dan moet jy deeglik op die saak ingaan. As dit inderdaad waar is en dit staan vas dat so iets afstootliks in Israel gedoen is,
5 dan moet jy daardie man of vrou wat die verkeerde daad gedoen het, uitbring na die dorpspoort man of vrou. Jy moet hulle stenig, sodat hulle sterf.
6 Op grond van die verklaring van twee of drie getuies moet die veroordeelde tereggestel word. Hy mag nie tereggestel word op grond van die verklaring van net een getuie nie.
7 Die getuies se hand moet die eerste wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. Jy moet die kwaad by jou uitroei.”
8 “Wanneer 'n saak vir jou te moeilik is om te beoordeel, soos bloedwraak, eise en teeneise, geweldpleging deur vergelding en regsgeskille in julle poorte, moet jy gereedmaak en opgaan na die plek wat die Here jou God sal kies.
9 Jy moet na die Levitiese priesters en die regter gaan wat in daardie tyd daar sal wees, en hulle raadpleeg. Hulle sal aan jou die uitspraak oor die regsaak bekend maak.
10 Jy moet optree volgens die uitspraak wat hulle aan jou bekend maak op daardie plek wat die Here sal kies. Jy moet nougeset handel volgens alles wat hulle jou leer.
11 Presies volgens die uitleg wat hulle vir jou gee en die beslissing wat hulle jou meedeel, moet jy optree. Jy mag van die uitspraak wat hulle aan jou bekend maak, nie links of regs afwyk nie.
12 “Die man wat verwaand optree, en nie die priester wat daar in diens van die Here jou God staan of die regter gehoorsaam nie, daardie man moet sterf. Jy moet die kwaad in Israel uitroei.
13 Die hele volk sal dit hoor en ontsag en nie weer verwaand wees nie.”
14 “Wanneer jy in die land aankom wat die Here jou God vir jou gaan gee, en dit in besit neem en jou daarin vestig en sê, ‘Ek, Israel, wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat om my is,’
15 dan moet jy beslis 'n koning oor jou aanstel wat die Here jou God kies. Uit jou volksgenote moet jy 'n koning oor jou aanstel. Dit is ontoelaatbaar om 'n vreemde persoon wat nie jou volksgenoot is nie, oor jou aan te wys.
16 Hy mag net nie baie perde aanskaf nie en hy mag ook nie die volk na Egipte laat terugkeer met die doel om meer perde aan te skaf nie. Die Here self het vir julle gesê, ‘Julle mag nooit weer op hierdie pad teruggaan nie.’
17 “Die koning mag ook nie vir hom baie vroue aanskaf nie, sodat sy hart nie van die Here afwyk nie. Van silwer en goud mag hy ook nie te veel aanskaf nie.
18 “Wanneer hy op sy koninklike troon sit, moet hy van hierdie wet, wat in besit van die Levitiese priesters is, vir hom 'n afskrif skryf in 'n •boekrol.
19 Hy moet dit by hom hou en hy moet sy lewe lank daaruit lees sodat hy kan leer om vir die Here sy God ontsag te hê, om al die woorde van hierdie wet te onderhou, hierdie voorskrifte na te kom,
20 homself nie hoër te ag as sy volksgenote nie, en nie links of regs af te wyk van die gebod nie. Dan sal hy 'n lang tyd oor sy koninkryk in Israel heers, hy en ook sy nageslag.”