Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Colossians 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Julle, eienaars, julle moet aan julle slawe gee wat reg en billik is, in die wete dat julle ook 'n Eienaar in die hemel het.
2 Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.
3 Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons 'n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig dit waarvoor ek in boeie is
4 en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik.
5 Tree met wysheid teenoor buitestanders op, en koop die tyd uit.
6 Julle woorde moet altyd van goeie smaak getuig, met •sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om 'n ieder en 'n elk te antwoord.
7 Tigikus, die geliefde broer, getroue dienaar en medewerker in die Here, sal alles oor my omstandighede aan julle bekend maak.
8 Juis hiervoor stuur ek hom na julle, sodat julle van ons omstandighede kan weet, en sodat hy julle harte kan bemoedig.
9 Ek stuur hom saam met Onesimus, die getroue en geliefde broer, wat van julle af kom. Hulle sal julle alles van ons omstandighede hier vertel.
10 Aristargus, my medegevangene, stuur groete vir julle, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang wanneer hy by julle kom, verwelkom hom.
11 Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het 'n troos vir my geword.
12 Epafras, een van julle, 'n dienskneg van •Christus Jesus, stuur vir julle groete. Hy worstel voortdurend vir julle in sy gebede, dat julle volkome en met volle oortuiging staande mag bly in alles wat God wil.
13 Ek getuig van hom dat hy baie moeite doen vir julle en die mense in Laodisea en Hiërapolis.
14 Lukas, die geliefde dokter, en Demas groet julle.
15 Groet die broers in Laodisea, en ook Nimfa, en die •gemeente wat in haar huis bymekaarkom.
16 En wanneer hierdie brief by julle voorgelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodisea voorgelees word, en dat julle ook die brief wat van Laodisea af kom, voorlees.
17 ook vir Argippus: “Let op die bedieningsopdrag wat jy van die Here ontvang het, sodat jy dit uitvoer.”
18