Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Acts 28

:
Afrikaans - AFR20
1 Nadat ons veiligheid bereik het, het ons agtergekom dat die eiland Melite genoem word.
2 Die plaaslike bevolking het buitengewone vriendelikheid aan ons betoon. Weens die dreigende reën en koue het hulle 'n vuur aangesteek, en ons almal verwelkom.
3 Paulus het 'n hoop droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit. Van die hitte het 'n slang uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
4 Toe die plaaslike bevolking die gedierte aan sy hand sien hang, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man is beslis 'n moordenaar. Hy is uit die see gered, maar Dike het nie toegelaat dat hy bly leef nie.”
5 Paulus het egter die gedierte in die vuur afgeskud, en was ongedeerd.
6 Hulle het verwag dat hy sal begin opswel, of skielik dood neerslaan. Maar nadat hulle lank gewag en gesien het dat niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en gesê dat hy 'n god is.
7 In die omgewing van daardie plek was daar landerye wat behoort het aan die hoofman van die eiland, 'n man met die naam Publius. Hy het ons verwelkom en drie dae lank gasvry gehuisves.
8 Dit het so gebeur dat Publius se vader siek aan koors en diarree in die bed gelê het. Paulus het na hom gegaan en vir hom gebid, sy hande op hom gelê en hom gesond gemaak.
9 hierdie voorval het die ander siekes op die eiland ook na hom gekom, en is gesond gemaak.
10 Hulle het ons met eerbewyse oorlaai, en met ons vertrek vir ons alles gegee wat ons nodig gehad het.
11 drie maande het ons vertrek met 'n skip wat by die eiland oorwinter het. Dit was 'n skip uit Aleksandrië, met die Dioskuri as boegbeeld.
12 En nadat ons in Sirakuse anker gegooi het, het ons drie dae daar oorgebly;
13 en daarvandaan het ons verder gevaar en in Regium aangekom. Een dag later het 'n suidewind opgesteek, en ons het Puteoli op die tweede dag bereik.
14 Daar het ons broers aangetref wat ons uitgenooi het om sewe dae lank by hulle te bly. En uiteindelik het ons Rome bereik.
15 Die broers daar wat die dinge oor ons gehoor het, het ons by die Forum van Appius en die Drie Herberge kom ontmoet. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.
16 Toe ons in Rome aankom, is Paulus toegelaat om op sy eie te woon, met 'n soldaat wat hom bewaak het.
17 drie dae het hy die Joodse leiers saamgeroep. Toe hulle byeen was, het hy vir hulle gesê: “Broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek uit Jerusalem as gevangene in die hande van die Romeine oorgelewer,
18 wat my verhoor het en wou vrylaat, omdat daar in my geval geen gronde was vir die doodstraf nie.
19 Omdat die Jode egter daarteen beswaar aangeteken het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep nie dat ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
20 Om hierdie rede het ek gevra om julle te sien en met julle te praat, aangesien dit juis oor die hoop van Israel is dat ek hierdie boeie dra.”
21 Toe hulle vir hom: “Ons het uit Judea geen briewe oor jou ontvang nie, en ook het nie een van die broers hier aangekom wat iets slegs oor jou berig of gesê het nie.
22 Ons sal dit egter waardeer om by jou te hoor wat jy dink, want dit is aan ons bekend dat daar oral teen hierdie splintergroep gepraat word.”
23 Nadat hulle met hom 'n dag afgespreek het, het hulle in 'n nog groter getal by hom in sy verblyfplek opgedaag. Hy het die •koninkryk van God aan hulle uitgelê, en van vroegoggend tot die aand kragtig daaroor getuig, terwyl hy hulle uit die Wet van Moses en die Profete probeer oortuig het oor Jesus.
24 Sommige is oortuig deur sy woorde, maar ander het ongelowig gebly.
25 In onenigheid onder mekaar het hulle uiteengegaan, nadat Paulus nog 'n enkele laaste woord gespreek het: “Die Heilige Gees het tereg deur die profeet Jesaja aan julle voorvaders gesê:
26 ‘Gaan na hierdie volk en sê: “Met die ore sal julle hoor, en glad nie verstaan nie, en met die sal julle sien, en glad nie insig kry nie.
27 Want hierdie volk se hart is afgestomp hulle kan beswaarlik met hulle ore hoor; hulle het hulle gesluit, sodat hulle nie met hulle sien en met hulle ore hoor en met hulle harte verstaan en terugdraai, en Ek hulle genees nie.”
28 “Julle moet dan weet dat hierdie verlossing van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
29 ...
30 Paulus het 'n volle twee jaar in sy gehuurde huis gebly en almal wat na hom gekom het, ontvang.
31 Hy het die koninkryk van God verkondig en hulle met alle vrymoedigheid en ongehinderd oor die Here Jesus Christus onderrig.