Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Acts 24

:
Afrikaans - AFR20
1 Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar familiehoofde, en ook 'n sekere Tertullus, 'n advokaat, daar aangekom. Hulle het hulle aanklag teen Paulus by die prokurator ingedien.
2 Nadat Paulus ingeroep is, het Tertullus met die aanklag begin en gesê: “Deur u toedoen leef ons in groot vrede, en deur u voorsorgmaatreëls het daar verbeteringe vir hierdie volk gekom.
3 Oral en in elke opsig verwelkom ons dit met alle dankbaarheid, hooggeagte Feliks.
4 Ek wil u egter nie langer vermoei nie, en daarom doen ek 'n beroep op u welwillendheid om vir 'n kort tydjie na ons te luister.
5 Ons het gevind dat hierdie man 'n pes is, en dat hy onder al die Jode in die wêreld onluste veroorsaak. Hy is 'n leier van die Nasarenersekte.
6 Hy het ook probeer om die tempelterrein te ontheilig, en toe het ons hom gegryp.
7 ...
8 U sal self by hom kan agterkom waaroor ons hom aankla wanneer u hom oor al hierdie dinge verhoor.
9 Die Jode het dit ondersteun en bevestig dat dit so is.”
10 Toe die prokurator vir Paulus die teken gee dat hy mag praat, het hy geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare as regter optree oor hierdie volk, verdedig ek my saak met graagte.
11 U kan u daarvan vergewis dat ek skaars twaalf dae gelede opgegaan het om in Jerusalem te aanbid.
12 Hulle het my nie op die tempelterrein gevind waar ek besig was om met iemand te redeneer, of om 'n oproer onder die volk te veroorsaak in die •sinagoges of iewers in die stad nie.
13 Hulle kan ook nie die dinge waarvan hulle my nou aankla, voor u bewys nie.
14 Dit erken ek egter voor u: dat ek die God van ons voorvaders dien ooreenkomstig die Weg, waarna hulle as 'n sekte verwys. Ek glo alles wat volgens die Wet is en in die Profete geskryf staan.
15 Ek vestig dieselfde hoop op God as waaraan hierdie mense ook vashou, naamlik dat daar 'n opstanding van die •regverdiges en ook die onregverdiges sal wees.
16 Daarom doen ek self ook my uiterste bes om my gewete in alle opsigte skoon te hou voor God en die mense.
17 baie jare het ek hierheen gekom om geldelike hulp vir my volk te bring, en om te kom offer.
18 Ek was besig hiermee, en het my al gereinig, toe hulle my op die tempelterrein aantref. Daar was nie 'n skare nie, en daar was ook nie oproer nie.
19 Daar was wel 'n aantal Jode uit Asië, wat hier voor u moes verskyn het en my moes aankla, as hulle miskien iets teen my sou hê.
20 Of laat hierdie mense self watter misdryf hulle gevind het toe ek voor die Sanhedrin gestaan het,
21 behalwe as dit gaan oor hierdie een ding wat ek uitgeroep het toe ek tussen hulle gestaan het, ‘Ek staan vandag voor julle tereg oor die opstanding van die dooies!’
22 Feliks, wat goed vertroud was met die feite oor die Weg, het die verhoor verdaag en gesê: “Wanneer Lisias, die chiliarg, aankom, sal ek oor julle saak besluit.”
23 Hy het die centurio opdrag gegee om Paulus aan te hou, maar om hom meer vryheid te gun en nie één van sy eie mense te verhinder om vir hom te sorg nie.
24 'n Paar dae later het Feliks saam met sy vrou Drusilla, 'n Jodin, gekom en Paulus laat haal en geluister na wat hy oor die geloof in Christus Jesus sê.
25 Maar toe Paulus praat oor •geregtigheid en selfbeheersing en die komende oordeel, het Feliks bang geword en gesê: “Jy kan maar vir eers gaan. As ek 'n geskikte geleentheid vind, sal ek jou laat roep.”
26 Hy het egter tegelykertyd gehoop dat Paulus hom geld sou aanbied, en daarom het hy hom herhaaldelik laat roep en met hom gepraat.
27 verloop van twee jaar is Feliks opgevolg deur Porcius Festus. Omdat Feliks die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus in boeie agtergelaat.