Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Timothy 2

:
Afrikaans - AFR20
1 Jy dan, my kind, wees sterk deur die genade in •Christus Jesus,
2 en dra dit wat jy deur baie getuies van my gehoor het, oor aan betroubare mense wat bekwaam sal wees om ook ander te onderrig.
3 Verduur jou deel van die ontbering, soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus.
4 'n Soldaat raak nie verstrik in sake van die alledaagse lewe nie, sodat hy sy bevelvoerder tevrede kan stel.
5 Verder word 'n atleet wat aan 'n wedloop deelneem, nie bekroon as hy nie volgens die reëls meeding nie.
6 Die landbouer wat die harde werk doen, moet eerste van die oes kry.
7 Dink na oor wat ek sê, want die Here sal jou insig gee in al hierdie dinge.
8 Onthou altyd dat Jesus Christus, uit die nageslag van Dawid, opgewek is uit die dood volgens my evangelie,
9 waarvoor ek verdrukking ly selfs in boeie, soos 'n misdadiger. Maar die woord van God is nie geboei nie!
10 Daarom verduur ek dit alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing in Christus Jesus met ewige heerlikheid kan verkry.
11 Dié uitspraak is betroubaar: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef;
12 as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;
13 as ons ontrou is, Hy bly getrou, want Hy kan Homself nie verloën nie.
14 Herinner hulle aan hierdie dinge, en waarsku hulle ernstig voor God om nie te stry oor nuttelose woorde, wat dié wat dit aanhoor, ten gronde rig nie.
15 jou daarop toe om jou voor God te stel as iemand wat die toets deurstaan het, as 'n arbeider wat hom nie hoef te skaam nie, wat met die woord van die waarheid die reguit pad aandui.
16 ...
17 ...
18 Hulle het van die waarheid afgedwaal deur te dat die opstanding reeds plaasgevind het, en sodoende gooi hulle sommige se geloof omver.
19 Maar tog staan die fondament van God stewig, met hierdie inskripsie, “Die Here ken diegene wat aan Hom behoort” en, “Laat elkeen wat die Naam van die Here aanroep, die rug op ongeregtigheid keer.”
20 In 'n groot huis is daar nie net goue en silwervoorwerpe nie, maar ook voorwerpe van hout en klei sommige is vir fatsoenlike gebruik, ander onfatsoenlik.
21 As iemand homself dan gereinig het van hierdie dinge, sal hy 'n fatsoenlike voorwerp wees: afgesonder, bruikbaar vir die Eienaar, geskik vir elke goeie werk.
22 Vlug weg van die begeertes van die jeug en streef, saam met diegene wat die Here met 'n rein hart aanroep, na regverdigheid, geloof, liefde en vrede;
23 maar vermy die dwase en afbrekende twisgesprekke, omdat jy weet dat dit aanleiding gee tot rusies.
24 'n Dienskneg van die Here moenie rusie maak nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig, geduldig,
25 iemand wat teenstanders met sagtheid teregwys. Miskien mag God hulle tot bekering bring, sodat hulle die waarheid kan ken,
26 en hulle tot hulle sinne laat kom vry van die strik van die Duiwel, deur wie hulle gevange gehou word om te doen wat hy wil hê.