Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Samuel 1

:
Afrikaans - AFR20
1 die dood van Saul het Dawid teruggekom van sy oorwinning oor die Amalekiete. Dawid het twee dae lank in Siklag gebly.
2 Op die derde dag kom daar onverwags 'n man van Saul af, van die leër af. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop. Toe hy by Dawid aankom, het hy op die grond neergeval en diep neergebuig.
3 Dawid vra hom toe: “Waar kom jy vandaan?” Hy het geantwoord: “Van die leër van Israel af ek het ontvlug.”
4 Dawid vir hom: “Wat het gebeur? Vertel my, asseblief!” Hy toe dat die manskappe uit die geveg gevlug het, dat ook baie van die manskappe geval en gesterf het, en dat selfs Saul en sy seun Jonatan dood is.
5 Dawid vra toe vir die jong man wat die berig vir hom bring: “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?”
6 Die jong man toe: “Ek was heel toevallig op die berg van Gilboa, en sowaar, daar leun Saul op sy vegspies, terwyl die strydwaens en die perderuiters al op hom is!
7 Toe hy omdraai en my sien, roep hy na my. Ek het geantwoord, ‘Ek is tot u diens!’
8 Hy vra my toe, ‘Wie is jy?’ En ek antwoord hom, ‘Ek is 'n Amalekiet.’
9 Toe hy vir my, ‘Kom staan tog hier by my en maak my dood, want 'n duiseligheid oorval my, al is daar nog lewe in my.’
10 Ek het by hom gaan staan en hom doodgemaak, want ek het geweet dat hy nie sou leef as hy eers geval het nie. Ek het die kroon wat op sy kop was en die armband wat aan sy arm was, geneem, en dit hierheen vir my heer gebring.”
11 Dawid het sy klere gegryp en dit geskeur; so ook al die manne wat by hom was.
12 Hulle het gerou en gehuil, en tot die aand gevas oor Saul en sy seun Jonatan, en oor die manskappe van die Here en die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
13 Dawid het vir die jong man wat die berig vir hom gebring het, gevra: “Waar is jy vandaan?” Hy het gesê: “Ek is die seun van 'n •vreemdeling, 'n Amalekiet.”
14 Daarop Dawid vir hom: “Hoe is dit dan dat jy nie eers bang was om jou hand uit te steek en die gesalfde van die Here te vernietig nie?”
15 Dawid roep toe een van die jong manne en sê: “Kom hier! Val hom aan!” Hy het toe die man neergevel, en hy het gesterf.
16 Dawid het nog vir die Amalekiet gesê: “Jou bloed is op jou kop, want jou eie mond het teen jou getuig toe jy gesê het, ‘Ek het self die gesalfde van die Here doodgemaak.’
17 Daarna het Dawid hierdie treurlied gesing oor Saul en sy seun Jonatan.
18 Hy het die nageslag van Juda aangesê om dit, Die Booglied, te leer. Kyk, dit staan geskryf in die Boekrol van die Opregte.
19 “Die uitnemendste, o Israel, deurboor op jou hoogtes. Hoe het die helde geval!
20 “Maak dit nie in Gat bekend nie, versprei die nuus nie in die strate van Askelon nie; anders verheug die dogters van die Filistyne hulle, anders jubel die dogters van die onbesnedenes.
21 “Berge by Gilboa, mag daar geen dou, geen reën op julle val nie, mag daar nie landerye wees wat •wydingsgeskenke lewer nie. Want daar is die skilde van helde besoedel, die skild van Saul, sonder dat dit gesalf is met olie.
22 “Vir die bloed van gesneuweldes, vir die vet van helde, het die boog van Jonatan nooit teruggedeins nie; die swaard van Saul het nooit leeg teruggekeer nie.
23 “Saul en Jonatan, geliefd en innemend, is in lewe en dood nie geskei nie. Hulle was vinniger as arende, sterker as leeus.
24 “Dogters van Israel, huil oor Saul, hy wat julle in karmosynrooi geklee, met juwele versier het, wat julle klere met goue juwele getooi het.
25 “Hoe het die helde geval midde in die stryd! Jonatan is op jou hoogtes deurboor.
26 Ek is terneergedruk oor jou, Jonatan, my broer. Jy was baie dierbaar vir my. Wonderlik was jou liefde vir my, nog meer as die liefde van vroue.
27 “Hoe het die helde geval, en is die oorlogswapens verloor!”