Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Kings 21

:
Afrikaans - AFR20
1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Gefsiba.
2 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here. In ooreenstemming met die afstootlike gebruike van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het,
3 het hy die offerhoogtes wat sy vader, Hiskia, afgebreek het, weer opgebou. Hy het altare opgerig vir Baäl en 'n asjera gemaak, soos wat Agab, die koning van Israel, gemaak het; en hy het voor al die hemelliggame in aanbidding gebuig en hulle gedien.
4 Hy het selfs altare in die huis van die Here gebou, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.”
5 In die twee voorhowe van die huis van die Here het hy altare gebou vir al die hemelliggame.
6 Hy het sy seun in die vuur geoffer, voortekens gelees, wiggelary beoefen en dodebesweerders en waarsêers aangestel. Hy het baie dinge gedoen wat verkeerd is in die van die Here, om Hom uit te tart.
7 Hy het die gesnede beeld van Asjera wat hy gemaak het, in die •tempel geplaas, die plek waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: “In hierdie tempel en in Jerusalem, wat Ek uit al die stamme van Israel gekies het, vestig Ek my Naam vir altyd.
8 Ek sal nie meer die voete van Israel laat rondswerf, weg van die grond wat Ek aan hulle voorouers gegee het nie, as hulle maar net nougeset alles doen wat Ek hulle beveel het die hele wet wat my dienskneg Moses hulle beveel het.”
9 Maar hulle het nie geluister nie, en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die Israeliete uitgedelg het.
10 Die Here het by monde van sy diensknegte, die profete, gesê:
11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie afstootlike dinge gedoen het hy het meer kwaad gedoen as alles wat die Amoriete voor hom gedoen het, en hy het ook Juda laat sondig met sy afgodsbeelde
12 daarom, so die Here, die God van Israel, ‘Kyk, Ek gaan so 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, dat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal tuit.
13 Ek gaan oor Jerusalem die maatlyn van Samaria span, en die skietlood van die huis van Agab. Ek gaan Jerusalem skoonvee soos mens 'n skottel skoonvee as dit skoongevee is, word dit omgekeer.
14 Ek sal wat oorgebly het van my erfenis, verstoot; Ek sal hulle oorgee in die hand van hulle vyande. Hulle sal buit word en oorlogsroof vir al hulle vyande,
15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in my en My bly uittart het, van die dag dat hulle voorouers uit Egipte getrek het tot vandag toe.’
16 Boonop het Manasse so baie onskuldige bloed vergiet dat hy Jerusalem daarmee van hoek tot kant gevul het. Dit was afgesien van sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het deur te doen wat verkeerd is in die van die Here.
17 Die verdere geskiedenis van Manasse, alles wat hy gedoen het, en die sonde wat hy gepleeg het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
18 Manasse het by sy voorouers gaan rus, en hy is begrawe in die tuin van sy paleis, in die tuin van Ussa. Sy seun Amon het in sy plek koning geword.
19 Amon was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Mesullemet, dogter van Garus, uit Jotba.
20 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here, soos sy vader Manasse gedoen het.
21 Hy het die pad wat sy vader geloop het, volledig gevolg. Hy het die afgodsbeelde gedien wat sy vader gedien het, en voor hulle in aanbidding gebuig.
22 Hy het die Here, die God van sy voorouers, verlaat. Hy het nie die pad van die Here gevolg nie.
23 Amon se amptenare het toe 'n komplot teen hom gesmee. Hulle het die koning in sy paleis doodgemaak.
24 Maar die volk van die land het almal wat teen koning Amon 'n komplot gesmee het, doodgemaak. Toe het die volk van die land Josia, sy seun, in sy plek koning gemaak.
25 Die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
26 Hy is begrawe in sy graf in die tuin van Ussa. Sy seun Josia het in sy plek koning geword.