Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Kings 13

:
Afrikaans - AFR20
1 In die drie-en-twintigste jaar van Jehoas, seun van Ahasia, die koning van Juda, het Joagas, seun van Jehu, in Samaria koning geword oor Israel, sewentien jaar lank.
2 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here. Hy het die sondes nagevolg van Jerobeam, seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het; hy het nie daarvan afgewyk nie.
3 Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand en Hy het hulle oorgegee in die hand van Gasael, die koning van Aram, en in die hand van Ben-Hadad, die seun van Gasael, gedurende daardie hele tyd.
4 Maar Joagas het die Here se guns gesoek, en die Here het na hom geluister, want Hy het die verdrukking van Israel raakgesien; ja, die koning van Aram het hulle onderdruk.
5 Die Here het toe vir Israel 'n verlosser gegee, en hulle het onder die hand van Aram uitgekom. Die Israeliete kon toe weer in hulle tente woon soos voorheen.
6 Maar hulle het nie afgewyk van die sondes van die huis van Jerobeam waarmee hy Israel laat sondig het nie. Daarmee het Joagas volgehou. Selfs die asjera het in Samaria bly staan.
7 Gasael het egter vir Joagas geen manskappe oorgelaat nie, behalwe vyftig perde en tien strydwaens, en tien afdelings voetsoldate. Ja, die koning van Aram het hulle ten gronde laat gaan, hy het hulle gemaak soos stof wat 'n mens vertrap.
8 Die verdere geskiedenis van Joagas, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?
9 Joagas het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom in Samaria begrawe. Sy seun Joas het in sy plek koning geword.
10 In die sewe-en-dertigste regeringsjaar van Jehoas, die koning van Juda, het Joas, seun van Joagas, in Samaria koning geword oor Israel, sestien jaar lank.
11 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here. Hy het nie afgewyk van al die sondes waarmee Jerobeam, seun van Nebat, Israel laat sondig het nie. Hy het daarmee volgehou.
12 Die verdere geskiedenis van Joas, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg het teen Amasia, die koning van Juda, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?
13 Joas het by sy voorouers gaan rus. Toe het Jerobeam op sy troon gaan sit. Joas is in Samaria begrawe by die konings van Israel.
14 Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!”
15 Elisa toe vir hom: “Kry 'n boog en pyle!” Hy kry toe vir hom 'n boog en pyle.
16 Daarop hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, Elisa sy hande op die koning se hande.
17 Hy toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die Here, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.”
18 Daarop hy: “Neem die pyle!” Hy het dit geneem. “Slaan teen die grond!” hy toe vir die koning van Israel. Hy slaan toe drie maal en hou op.
19 Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.”
20 Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval.
21 Terwyl mense besig was om 'n man te begrawe, sien hulle skielik die bende. Hulle gooi toe die man in die graf van Elisa en gee pad. Toe die man aan Elisa se beendere raak, het hy lewendig geword en regop gaan staan.
22 Gasael, die koning van Aram, het Israel verdruk vir die volle regeringstyd van Joagas.
23 Maar die Here was hulle genadig. Hy het Hom oor hulle ontferm en Hom na hulle gekeer ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie en het hulle nie uit sy teenwoordigheid verdryf nie tot nou toe.
24 Toe Gasael, die koning van Aram, sterf, het sy seun Ben-Hadad in sy plek koning geword.
25 Joas, seun van Joagas, het die dorpe teruggeneem uit die hand van Ben-Hadad, seun van Gasael, wat hy in die oorlog afgeneem het by Joagas, Joas se vader. Drie maal het Joas hom verslaan en die dorpe van Israel herower.