Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

2 Chronicles 10

:
Afrikaans - AFR20
1 Rehabeam het na Sigem gegaan, want dit was na Sigem waarheen die hele Israel gekom het om hom koning te maak.
2 Toe Jerobeam, seun van Nebat, dit hoor hy was nog steeds in Egipte, waarheen hy van koning Salomo af weggevlug het het hy uit Egipte teruggekeer.
3 Hulle het hom toe ontbied, en Jerobeam en die hele Israel het gekom en met Rehabeam gepraat en gesê:
4 “U vader het ons juk hard gemaak. Maak nou die harde slawewerk van u vader en die swaar juk wat hy op ons gelê het, ligter, dan sal ons u dien.”
5 Hy het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae weer terug na my.” Die volk het toe weggegaan.
6 Koning Rehabeam vra toe raad by die oudstes wat in sy vader, koning Salomo, se diens gestaan het toe dié nog geleef het: “Wat raai julle my aan moet die antwoord aan hierdie volk wees?”
7 Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk, hulle goedgesind is en mooi met hulle praat, sal hulle altyd u dienaars wees.”
8 Hy het egter die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gevra by die jong manne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
9 Hy het vir hulle gevra: “Wat raai julle my aan moet ons hierdie volk antwoord wat vir my gesê het, ‘Verlig die juk wat u vader op ons gelê het’?”
10 Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, toe vir hom: “So moet jy vir die volk wat vir jou gesê het, ‘U vader het ons juk swaar gemaak; maar u, maak dit ligter op ons!’ So moet jy dit aan hulle stel, ‘My pinkie is dikker as my vader se middellyf.
11 Daarom, my vader het 'n swaar juk op julle gelê; maar ek gaan by julle juk nog byvoeg. My vader het julle met swepe gekasty, maar ek sal dit met skerpioene doen.’
12 Jerobeam en die hele volk het toe op die derde dag na Rehabeam toe gekom, soos die koning met hulle afgespreek het deur te sê: “Kom terug na my op die derde dag.”
13 Die koning het die volk hard geantwoord; ja, koning Rehabeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan.
14 In ooreenstemming met die raad van die jong manne, het hy hulle aangespreek: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ek gaan dit nog erger maak. My vader het julle met swepe gekasty, maar ek met skerpioene.”
15 Die koning het nie na die volk geluister nie want dit was 'n beskikking van God, sodat die Here sy belofte wat Hy by monde van Agija, die man uit Silo, aan Jerobeam, seun van Nebat, gemaak het, gestand kon doen.
16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord: “Watter aanspraak het ons op Dawid? Ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie; elkeen na sy tente toe, Israel! Sien nou om na jou eie huis, Dawid!” Die hele Israel het toe na hulle tente gegaan.
17 Die Israeliete wat in die dorpe van Juda woon, oor hulle was Rehabeam koning.
18 Koning Rehabeam het Hadoram, wat in bevel van die dwangarbeid was, gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe gegooi en hy het gesterf. Koning Rehabeam het daarin geslaag om op sy strydwa te klim om na Jerusalem te vlug.
19 So het Israel in verset gekom teen die huis van Dawid. Dit is vandag nog so.