1 Chronicles 3AFR20

1Dit was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die eersgeborene was Amnon, by Aginoam, die vrou uit Jisreël; die tweede was Daniël, by Abigajil, uit Karmel;

2die derde was Absalom, die seun van Maäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; die vierde was Adonia, die seun van Gaggit;

3die vyfde was Sefatja, by Abital; en die sesde was Jitream, by sy vrou Egla.

4Ses seuns is vir hom in Hebron gebore, en hy het sewe jaar en ses maande lank daar as koning geheers. Hy het drie-en-dertig jaar lank as koning geheers in Jerusalem.

5Hierdie seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo – vier by Batsua, die dogter van Ammiël –

6dan ook Jibgar, Elisama, Elifelet,

7Noga, Nefeg, Jafia,

8Elisama, Eljada en Elifelet – nog nege.

9Dit was al die seuns van Dawid, afgesien van seuns by byvroue. Tamar was hulle suster.

10Salomo se seun was Rehabeam; Abia was sy seun; dié se seun was Asa; dié se seun was Josafat;

11dié se seun was Jehoram; dié se seun was Ahasia; dié se seun was Jehoas;

12dié se seun was Amasia; dié se seun was Asarja; dié se seun was Jotam;

13dié se seun was Agas; dié se seun was Hiskia; dié se seun was Manasse;

14dié se seun was Amon; en dié se seun was Josia.

15Josia se seuns was Joganan, die eersgeborene, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.

16Jojakim se nageslag was sy seun Jekonja, en sy seun Sedekia.

17Die seuns van Jekonja, die gevangene, was sy seun, Sealtiël,

18asook Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama, Nedabja.

19Pedaja se seuns was Serubbabel en Simi. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja. Selomit was hulle suster;

20dan ook Gasuba, Ohel, Beregja, Gasadja, Jusab-Gesed – 5.

21Gananja se nageslag was Pelatja, Jesaja, die seuns van Refaja, die seuns van Arnan, die seuns van Obadja, die seuns van Seganja.

22Die nageslag van Seganja was Semaja. Die seuns van Semaja was Gattus, Jigal, Bariag, Nearja, Safat – 6.

23Nearja se seuns was Eljoënai, Hiskia, Asrikam – 3.

24Eljoënai se seuns was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja, Anani – 7.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for 1 Chronicles 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.