Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

1 Timothy 5

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Ouer man moet jy nie skerp berispe nie, maar vermaan hom soos 'n vader, en vermaan jonger mans soos broers,
2 ouer vroue soos moeders, jonger vroue soos susters en dit alleen met suiwer bedoelings.
3 Betoon eer aan weduwees wat werklik weduwees is.
4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle leer om in die eerste plek hulle godsdienstige pligte teenoor hulle eie familie na te kom, en hulle ouers en grootouers te vergoed; want dit is aanneemlik in die van God.
5 Maar sy wat werklik 'n weduwee is, en alleen agtergelaat is, vestig haar hoop steeds op God, en sy bly bedags en snags smeek en bid;
6 maar die weduwee wat uitspattig leef, is lewend dood.
7 Beveel hulle hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.
8 Maar as iemand nie na sy eie mense omsien nie, en veral nie na sy huisgenote nie, het hy die geloof verloën, en is hy slegter as 'n ongelowige.
9 Laat 'n weduwee op die dienslys geplaas word as sy nie jonger as sestig jaar is nie, en die vrou van een man was,
10 as daar van haar goeie werke getuig word, as sy kinders goed grootgemaak het, as sy gasvry was, as sy die voete van •heiliges gewas het, as sy mense in verdrukking bygestaan het, as sy haar toegespits het op elke goeie werk.
11 Maar sluit jonger weduwees uit, want wanneer hulle drange hulle weglok van •Christus, wil hulle trou;
12 en dan word hulle veroordeel, omdat hulle hulle eerste belofte verbreek het.
13 Boonop kom hulle in die gewoonte om ledig te wees terwyl hulle so van huis tot huis kuier, en is hulle nie net ledig nie, maar hulle skinder, en is bemoeisiek, en praat oor onvanpaste sake.
14 Daarom verwag ek van jonger weduwees dat hulle moet trou, kinders kry, huishoudings bestuur en die teenstander geen geleentheid gee om kwaad te praat nie.
15 Want sommige van hulle het reeds agter Satan aan afgedwaal.
16 As 'n gelowige vrou weduwees in haar familie het, laat sy hulle help! Laat die gemeente nie belas word nie, sodat hulle ondersteuning kan gee aan dié wat werklik weduwees is.
17 Laat die ouderlinge wat goed leiding gee, dubbele eer ontvang, veral diegene wat hard werk aan woordverkondiging en onderrig.
18 Want die Skrif sê, “Jy mag 'n bees wat graan trap, nie muilband nie,” en “'n Arbeider is sy loon werd.”
19 Moenie 'n klag teen 'n ouderling aanvaar nie, behalwe as twee of drie getuies dit kan bevestig.
20 Berispe in almal se teenwoordigheid diegene wat aanhou sondig, sodat die ander ook afgeskrik kan word.
21 Ek vermaan jou ernstig voor God en Christus Jesus en die uitverkore engele om hierdie dinge sonder vooroordeel te onderhou, en niemand te begunstig nie.
22 Moenie iemand oorhaastig die hande oplê, en moenie deel kry aan iemand anders se sondes nie; hou jouself rein.
23 Moenie langer net water drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn vir jou maag en jou gereelde ongesteldhede.
24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik, en loop hulle daarom vooruit op pad na die oordeel; maar ander se sondes agtervolg hulle.
25 Net so is goeie werke baie duidelik sigbaar, en wanneer dit nie die geval is nie, kan dit nie vir lank verborge bly nie.