Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Timothy 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Maar die Gees uitdruklik dat in die laaste dae sommige mense van die geloof afvallig sal word, omdat hulle hulle ophou met dwaalgeeste en die leringe van demone.
2 Hulle word beïnvloed deur die skynheiligheid van leuenaars, wie se gewete toegeskroei is.
3 Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet.
4 Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie,
5 omdat dit deur die woord van God en gebed geheilig word.
6 Wanneer jy hierdie dinge aan die broers uitwys, sal jy 'n goeie dienskneg van •Christus Jesus wees, gevoed met die woorde van die geloof, en die goeie leer wat jy noukeurig navolg.
7 Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef;
8 want liggaamlike oefening is wel in 'n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.
9 Dié uitspraak is betroubaar en werd om ten volle aanvaar te word.
10 Want hiervoor werk ons hard en stry ons, omdat ons ons hoop geplaas het op die lewende God, wat die Verlosser van alle mense is, veral van die gelowiges.
11 Beveel en onderrig hierdie dinge.
12 Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid.
13 Totdat ek kom, moet jy jou toelê op voorlesing, bemoediging en onderrig.
14 Moenie die genadegawe in jou verwaarloos wat deur profesie aan jou geskenk is toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het nie.
15 jou toe op hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vordering vir almal duidelik kan wees.
16 Wees noulettend op jouself en die leer; volhard daarin; want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.