Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Thessalonians 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Verder dan, broers, vra ons julle, en spoor ons julle ter wille van die Here Jesus aan: Julle is deur ons onderrig oor hoe julle moet leef om God te behaag; julle leef inderdaad reeds hiervolgens, maar julle moet nog al hoe meer so leef.
2 Julle weet tog watter voorskrifte ons vir julle gegee het deur die Here Jesus.
3 Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid,
4 dat elkeen sal weet hoe om sy eie vrou op 'n heilige en eerbare wyse te verkry,
5 nie uit wellustige begeerte soos die heidene wat God nie ken nie,
6 en dat hy nie sal oortree, en sy broer in dié saak bedrieg nie. Want, soos ons tevore vir julle gesê en nadruklik bevestig het: die Here vergeld al hierdie dinge.
7 God het ons tog nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligheid.
8 Daarom dan: die een wat dit verontagsaam, verontagsaam nie 'n mens nie, maar God, wat sy Heilige Gees aan julle gegee het.
9 Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.
10 Julle het inderdaad ook al die broers in die hele Macedonië lief. Maar ons moedig julle aan, broers, om dit nog meer te doen,
11 en dit vir julle 'n saak van eer te maak om rustig te wees, julle met julle eie sake te bemoei, en met julle eie hande te werk, soos ons julle opdrag gegee het.
12 Sodoende sal julle eerbaar kan leef in die van die buitestanders en van niemand afhanklik wees nie.
13 Broers, ons wil nie dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap het nie, sodat julle nie treur soos die ander mense wat nie hoop het nie.
14 Want as ons glo dat Jesus gesterf het en opgestaan het God sal ook so diegene wat gesterf het, deur Jesus met Hom saamneem.
15 Want dit ons vir julle deur die woord van die Here: Ons wat lewe, wat agtergebly het tot die koms van die Here, sal beslis nie diegene wat gesterf het, voor wees nie.
16 Want die Here self sal met 'n luide bevel, met die stem van 'n aartsengel, en met 'n trompetgeskal van God, uit die hemel afkom, en diegene wat in •Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat lewe en oorgebly het, saam met hulle in die wolke opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet. En so sal ons altyd by die Here wees.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.