Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 John 2

:
Afrikaans - AFR20
1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, sodat julle nie moet sondig nie; en wanneer iemand sondig, het ons Jesus •Christus, die Regverdige, as Parakleet by die Vader.
2 En Hy is die versoening vir ons sondes nie net vir óns sondes nie; maar ook vir dié van die hele wêreld.
3 En dit is hoe ons weet dat ons Hom ken: As ons sy gebooie onderhou.
4 Iemand wat sê, “Ek ken Hom,” maar sy gebooie nie onderhou nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie;
5 maar wie sy woorde gehoorsaam in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, en hieruit weet ons dat ons in Hom is.
6 Wie dat hy in Hom bly, behoort self ook te leef soos Hy geleef het.
7 Geliefdes, dit is nie 'n nuwe gebod waaroor ek aan julle skryf nie, maar 'n ou gebod, wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle gehoor het.
8 Tog is dit 'n nuwe gebod wat ek aan julle voorskryf, wat in Hom en in julle 'n werklikheid is, omdat die duisternis besig is om verby te gaan, en die ware lig reeds skyn.
9 Iemand wat dat hy in die lig is, maar sy broer haat, is steeds in die duisternis.
10 Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie.
11 Maar wie sy broer haat, is in die duisternis, en wandel in die duisternis, en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy blind gemaak het.
12 Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle sondes vergewe is op grond van sy Naam.
13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af was. Ek skryf aan julle, jong mense, omdat julle die Bose oorwin het.
14 Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken. Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af was. Ek skryf aan julle, jong mense, omdat julle sterk is, en die woord van God in julle bly, en julle die Bose oorwin het.
15 Moenie die wêreld, of wat in die wêreld is, liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie,
16 want alles in die wêreld dit wat die liggaam begeer, en dit wat die begeer, arrogante spoggery oor besittings is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld.
17 En die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly tot in ewigheid.
18 Kinders, dit is die laaste uur. Soos julle gehoor het, kom die Antichris, en nou is daar reeds baie antichriste; hieraan weet ons dat dit die laaste uur is.
19 Hulle het uit ons geledere gekom, maar hulle was nie werklik deel van ons nie; want as hulle werklik deel van ons was, sou hulle by ons gebly het. Maar dit moes duidelik word dat nie een van hulle deel van ons is nie.
20 Maar julle is deur die Heilige gesalf, en julle almal weet dit.
21 Ek skryf nie aan julle, omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken, en omdat daar geen leuen uit die waarheid kom nie.
22 Wie is die leuenaar anders as hy wat ontken dat Jesus die •Christus is? Hy is die antichris, wat die Vader en die Seun ontken.
23 Elkeen wat die Seun ontken, het nie die Vader nie; wie die Seun bely, het ook die Vader.
24 Wat julle betref: Wat julle van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As dit wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
25 En dit is die belofte wat Hy aan ons gemaak het: die ewige lewe.
26 Hierdie dinge skryf ek aan julle aangaande daardie mense wat probeer om julle te mislei.
27 Maar wat julle betref: die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en daarom hoef niemand julle te leer nie. Maar omdat sy salwing julle alles leer, en omdat dit die waarheid is, en nie 'n leuen nie, bly in Hom, net soos Hy julle geleer het.
28 En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie.
29 As julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat doen wat reg is, uit Hom gebore is.