Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Corinthians 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Paulus, deur die wil van God 'n geroepe •apostel van •Christus Jesus, en die broer Sostenes,
2 aan die •gemeente van God in Korinthe, wat in Christus Jesus geheilig is deur God geroepe heiliges, saam met almal wat op elke plek die Naam van ons Here Jesus Christus aanroep, hulle Here en ons Here:
3 Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
4 Ek dank my God deurentyd oor julle, en vir die genade van God wat aan julle gegee is in •Christus Jesus.
5 Want deur Hom is julle in alle opsigte verryk in elke woord en in alle kennis.
6 Net so is die getuienis oor Christus stewig onder julle gevestig,
7 sodat julle, terwyl julle wag op die openbaarmaking van ons Here Jesus Christus, nie in enige genadegawe tekort skiet nie.
8 Hy sal julle ook tot aan die einde standvastig maak, sodat julle sonder blaam sal wees op die dag van ons Here Jesus Christus.
9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.
10 Ek pleit by julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus •Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging.
11 My broers, ek is deur Chloë se mense ingelig dat daar twiste onder julle is.
12 Wat ek bedoel, is dat elkeen van julle sê, “Ek is van Paulus,” of, “Ek van Apollos, of, “Ek van Sefas, of: “Ek van Christus”.
13 Is Christus verdeel? Paulus is tog nie vir julle gekruisig nie? Of is julle dan in die naam van Paulus gedoop?
14 Ek dank God dat ek, afgesien van Krispus en Gaius, nie een van julle gedoop het nie,
15 sodat niemand kan dat julle in my naam gedoop is nie.
16 Ek het wel die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie van iemand anders wat ek gedoop het nie.
17 Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie van sy krag ontneem word nie.
18 Die boodskap van die kruis is immers dwaasheid vir diegene wat verlore gaan, maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God.
19 Want daar staan geskryf: “Ek sal die wysheid van die wyses tot niet maak en die insig van die verstandiges verwerp.”
20 Waar is die wyse man, waar die skrifkenner, waar die redevoerder van hierdie wêreld? Het God dan nie die wysheid van die wêreld dwaasheid laat word nie?
21 Trouens, deur die wysheid van God het die wêreld Hom nie deur hulle wysheid leer ken nie. God het verkies om hulle wat glo, te verlos deur die dwaasheid van die verkondiging.
22 Die Jode vra tekens en die Grieke soek wysheid.
23 Ons egter, verkondig 'n gekruisigde •Christus. Vir die Jode is dit 'n struikelblok en vir die nie-Jode 'n dwaasheid.
24 Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.
25 Want die dwaasheid van God is wyser as dié van mense, en die swakheid van God is sterker as dié van mense.
26 Broers, slaan ag op julle roeping: Menslik gesproke, is daar onder julle nie baie wyses, nie baie invloedrykes, of mense van adellike afkoms nie.
27 Maar die dwaashede van die wêreld het God uitgekies om die wyses te beskaam, en die swakhede van die wêreld het God uitgekies om die sterkes te beskaam,
28 en die onbelangrike en veragtelike dinge van die wêreld het God uitgekies dit wat niks is om wat wél iets was, tot niet te maak,
29 sodat geen mens iets het waarop hy hom voor God kan beroem nie.
30 Deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons die wysheid geword het wat van God kom, regverdiging sowel as heiliging en bevryding.
31 Daarom, soos daar geskryf staan: “Wie hom op iets wil beroem, moet hom beroem op die Here.”