Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Chronicles 8

:
Afrikaans - AFR20
1 Benjamin het Bela, sy eersgeborene, verwek, daarna Asbel, die tweede, Agrag, die derde,
2 Noga, die vierde, Rafa, die vyfde.
3 Bela het die volgende seuns gehad: Addar, Gera, Abihud,
4 Abisua, Naäman, Agoag,
5 Gera, Sefufan en Guram.
6 Die volgende was die nageslag van Egud hulle was familiehoofde van die inwoners van Geba, en hulle het hulle na Managat weggevoer in ballingskap
7 Naäman, Agija en Gera. Gera is die een wat hulle weggevoer het, en hy het Ussa en Agigud verwek.
8 Sagarajim het kinders verwek in die gebied van Moab nadat hy sy vroue Gusim en Baära weggestuur het.
9 Hy het by Godes, sy vrou, Jobab, Sibja, Mesa en Malkam verwek,
10 ook Jeüs, Sakeja en Mirma. Dit was sy seuns, familiehoofde.
11 By Gusim het hy Agitub en Elpaäl verwek.
12 Elpaäl se seuns was Eber, Misam en Semed hy is die een wat Ono en Lod, met sy omliggende dorpies, gebou het.
13 Beria en Sema was ook sy seuns. Hulle was die familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit is hulle wat die inwoners van Gat laat vlug het.
14 Agjo, Sasak, Jeremot,
15 Sebadja, Arad, Eder,
16 Migael, Jispa en Joga was die nageslag van Beria.
17 Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,
18 Jismerai, Jislia en Jobab was die nageslag van Elpaäl.
19 Jakim, Sigri, Sabdi,
20 Eliënai, Silletai, Eliël,
21 Adaja, Beraja en Simrat was die nageslag van Simi.
22 Jispan, Eber, Eliël,
23 Abdon, Sigri, Ganan,
24 Gananja, Elam, Antotija,
25 Jifdeja en Penuel was die nageslag van Sasak.
26 Samserai, Segarja, Atalia,
27 Jaäresja, Elia en Sigri was die nageslag van Jerogam.
28 Hulle was familiehoofde, hoofde volgens hulle familiegeskiedenis. Dit is hulle wat in Jerusalem gewoon het.
29 In Gibeon het die stigter van Gibeon gewoon, en sy vrou se naam was Maäga.
30 Sy seun, die eersgeborene, was Abdon; verder Sur, Kis, Baäl, Nadab,
31 Gedor, Agjo en Seker.
32 Miklot het Sima verwek. Ook hulle het in Jerusalem regoor hulle stamgenote gewoon, saam met hulle stamgenote.
33 Ner het Kis verwek, Kis het Saul verwek, en Saul het Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl verwek.
34 Jonatan se seun was Meribbaäl, en Meribbaäl het Miga verwek.
35 Miga se seuns was Piton, Melek, Tarea en Agas.
36 Agas het Jehoadda verwek, en Jehoadda het Alemet, Asmawet en Simri verwek. Simri het Mosa verwek.
37 Mosa het Bina verwek; sy seun was Rafa, dié se seun Elasa, en dié se seun Asel.
38 Asel het ses seuns gehad, en dit was hulle name: Asrikam, Bogeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle almal was Asel se seuns.
39 Sy broer Esek se seuns was Ulam, sy eersgeborene, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.
40 Ulam se seuns was manne, dapper krygers wat 'n boog kon span. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd-en-vyftig. Hulle almal was van die nageslag van Benjamin.