Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Chronicles 7

:
Afrikaans - AFR20
1 Issaskar se seuns was Tola, Pua, Jasub en Simron 4.
2 Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was hoofde van hulle families vir die Tola-groep, dapper krygers, volgens hulle familiegeskiedenis. Hulle getal in die tyd van Dawid was 22 600.
3 Ussi se nageslag was Jisragja, en Jisragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hulle vyf was almal familiehoofde.
4 As deel van hulle, van hulle families, was daar, volgens hulle familiegeskiedenis, vir gevegte 'n troepemag van 36 000, want hulle het baie vroue en kinders gehad.
5 Hulle stamgenote, al die familiegroepe van Issaskar, was altesaam 87 000 dapper krygers, volgens hulle geslagsregister.
6 Benjamin se seuns was Bela, Beger en Jediael 3.
7 Bela se seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri, 5 familiehoofde, dapper krygers. Volgens hulle geslagsregister was hulle 22 034 man.
8 Beger se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle almal was Beger se seuns.
9 Volgens die geslagsregister van hulle familiegeskiedenis was hulle familiehoofde, dapper krygers 20 200.
10 Jediael se nageslag was Bilhan, en Bilhan se seuns was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.
11 Hulle almal was Jediael se nageslag; volgens die familiehoofde was daar 17 200 dapper krygers wat as 'n leër oorlog toe kon gaan.
12 Suppim en Guppim was die nageslag van Ir, en Gussim die nageslag van Ager.
13 Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser, Sallum en die nageslag van Bilha.
14 Manasse se seuns was Asriël, wat deur sy Aramese byvrou in die wêreld gebring is; sy het ook Magir, die vader van Gilead, in die wêreld gebring.
15 Magir het vir Guppim en Suppim vroue geneem. Sy suster se naam was Maäga. Die tweede seun se naam was Selofgad, maar Selofgad het net dogters gehad.
16 Magir se vrou, Maäga, het 'n seun in die wêreld gebring, en sy het hom Peres genoem. Sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
17 Ulam se nageslag was Bedan. Dit was dan die nageslag van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse.
18 Moleget, Gilead se suster, het Ishod, Abiëser en Magla in die wêreld gebring.
19 Semida se seuns was Agjan, Segem, Likgi en Aniam.
20 Efraim se nageslag was Sutelag, dié se seun Bered, dié se seun Tagat, dié se seun Elada, dié se seun Tagat,
21 dié se seun Sabad en dié se seun Sutelag. Wat Eser en Elad betref: Die mense van Gat wat in die land gebore is, het hulle doodgemaak omdat hulle afgetrek het om die mense se vee te vat.
22 Hulle vader Efraim het lank oor hulle getreur, en sy broers het hom kom troos.
23 Hy het met sy vrou omgang gehad, sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Hy het hom Beria genoem, want dit het gebeur tydens 'n ramp in sy huis.
24 Sy dogter was Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en ook Ussen-Seëra.
25 Refag was sy ander seun; dié se seun was Resef, dié se seun Telag, dié se seun Tagan,
26 dié se seun Ladan, dié se seun Ammihud, dié se seun Elisama,
27 dié se seun Nun en dié se seun Josua.
28 Hulle grondgebied en woonplekke was Bet-El, met sy omliggende dorpies, na die ooste toe Naäran, en na die weste toe Geser, met hulle omliggende dorpies, asook Sigem, met sy omliggende dorpies, tot by Aja, met sy omliggende dorpies.
29 Onder beheer van Manasse se nageslag was Bet-San met sy omliggende dorpies, Taänag met sy omliggende dorpies, Megiddo met sy omliggende dorpies, en Dor met sy omliggende dorpies. Dit is waar die nageslag van Josef, seun van Israel, gewoon het.
30 Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria, en Serag was hulle suster.
31 Beria se seuns was Geber en Malkiël; hy was die vader van Birsajit.
32 Geber het Jaflet, Semer en Gotam, en hulle suster, Sua, verwek.
33 Jaflet se seuns was Pasag, Bimhal en Aswat. Dit was Jaflet se seuns.
34 Semer se seuns was Agi, Roga, Gubba en Aram.
35 Sy broer Helem se nageslag was Sofag, Jimna, Seles en Amal.
36 Sofag se seuns was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,
37 Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.
38 Jeter se seuns was Jefunne, Pispa en Ara.
39 Ulla se seuns was Arag, Ganniël en Risja.
40 Hulle almal was Aser se nageslag: familiehoofde, uitgelese, dapper krygers, hoofde van leiers. Volgens hulle geslagsregister, met die oog op die leër in oorlogstyd, was hulle getal 26 000 man.