Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Chronicles 6

:
Afrikaans - AFR20
1 Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari.
2 Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
3 Amram se kinders was Aäron, Moses en Mirjam. Aäron se seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
4 Eleasar het Pinehas verwek; Pinehas het Abisua verwek;
5 Abisua het Bukki verwek; Bukki het Ussi verwek;
6 Ussi het Seragja verwek; Seragja het Merajot verwek;
7 Merajot het Amarja verwek; Amarja het Agitub verwek;
8 Agitub het Sadok verwek; Sadok het Agimaäs verwek;
9 Agimaäs het Asarja verwek; Asarja het Joganan verwek;
10 en Joganan het Asarja verwek dit is hy wat priester was in die •tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het
11 Asarja het Amarja verwek; Amarja het Agitub verwek;
12 Agitub het Sadok verwek; Sadok het Sallum verwek;
13 Sallum het Gilkija verwek; Gilkija het Asarja verwek;
14 Asarja het Seraja verwek; en Seraja het Josadak verwek.
15 Josadak het saamgegaan toe die Here Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnesar in ballingskap laat wegvoer het.
16 Levi se seuns was Gersom, Kehat en Merari,
17 en dit is die name van Gersom se seuns: Libni en Simi.
18 Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
19 Merari se seuns was Magli en Musi. Dit is die familiegroepe van die Leviete volgens hulle voorvaders:
20 Wat Gersom betref, sy nageslag was sy seun Libni, dié se seun Jagat, dié se seun Simma,
21 dié se seun Joag, dié se seun Iddo, dié se seun Serag, en dié se seun Jeatrai.
22 Kehat se nageslag was sy seun Amminadab, dié se seun Korag, dié se seun Assir,
23 dié se seun Elkana, dié se seun Ebjasaf, dié se seun Assir,
24 dié se seun Tagat, dié se seun Uriël, dié se seun Ussia, en dié se seun Saul.
25 Elkana se seuns was Amasai, Agimot,
26 en Elkana. Elkana se seuns was sy seun Sofai, dié se seun Nagat,
27 dié se seun Eliab, dié se seun Jerogam, en dié se seun Elkana.
28 Samuel se seuns was Joël, die eersgeborene, en Abia was die tweede.
29 Merari se nageslag was Magli, dié se seun Libni, dié se seun Simi, dié se seun Ussa,
30 dié se seun Sima, dié se seun Gaggija, en dié se seun Asaja.
31 Dit is die mense wat deur Dawid in beheer geplaas is van die sang in die huis van die Here, vandat dit die rusplek van die ark was.
32 Hulle het met sang diens gedoen voor die heiligdom, die Tent van Ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienswerk verrig soos vir hulle voorgeskryf is.
33 Hier volg hulle wat dienswerk verrig het, asook hulle nageslagte: Uit die nageslag van Kehat was daar Heman, die tempelsanger, seun van Joël, seun van Samuel,
34 seun van Elkana, seun van Jerogam, seun van Eliël, seun van Toag,
35 seun van Suf, seun van Elkana, seun van Magat, seun van Amasai,
36 seun van Elkana, seun van Joël, seun van Asarja, seun van Sefanja,
37 seun van Tagat, seun van Assir, seun van Ebjasaf, seun van Korag,
38 seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, seun van Israel.
39 Sy stamgenoot Asaf is die een wat aan sy regterkant gestaan het. Asaf was die seun van Beregja, seun van Sima,
40 seun van Migael, seun van Baäseja, seun van Malkija,
41 seun van Etni, seun van Serag, seun van Adaja,
42 seun van Etan, seun van Simma, seun van Simi,
43 seun van Jagat, seun van Gersom, seun van Levi.
44 Die nageslag van Merari, hulle stamgenote, was aan die linkerkant: Etan, seun van Kisi, seun van Abdi, seun van Mallug,
45 seun van Gasabja, seun van Amasia, seun van Gilkija,
46 seun van Amsi, seun van Bani, seun van Semer,
47 seun van Magli, seun van Musi, seun van Merari, seun van Levi.
48 Hulle Levitiese stamgenote is aangestel vir al die dienswerk by die heiligdom, die huis van God,
49 maar Aäron en sy nageslag, wat die offers op die brandofferaltaar en op die altaar vir die reukwerk verbrand het, is aangestel vir al die werk met die allerheiligste voorwerpe, en om vir Israel versoening te doen net soos Moses, die dienskneg van God, beveel het.
50 Dit is Aäron se nageslag: Eleasar was sy seun; dié se seun was Pinehas, dié se seun Abisua,
51 dié se seun Bukki, dié se seun Ussi, dié se seun Seragja,
52 dié se seun Merajot, dié se seun Amarja, dié se seun Agitub,
53 dié se seun Sadok, en dié se seun Agimaäs.
54 Dit is dan hulle woonplekke, volgens kampplekke, op hulle grondgebied: Aan die nageslag van Aäron, dit is die familiegroep van Kehat die eerste lot het immers op hulle geval
55 aan hulle is Hebron in die gebied van Juda gegee, asook die omliggende weiveld daarvan.
56 Die dorp se lande en gehuggies is egter aan Kaleb, seun van Jefunne, gegee.
57 Aan die nageslag van Aäron is die volgende asielstede gegee: Hebron, Libna met sy weiveld, Jattir, Estemoa met sy weiveld,
58 Giles met sy weiveld, Debir met sy weiveld,
59 Asan met sy weiveld, Bet-Semes met sy weiveld.
60 Uit die stam van Benjamin was dit Geba met sy weiveld, Alemet met sy weiveld, Anatot met sy weiveld. Onder hulle familiegroepe was dit altesaam dertien dorpe.
61 Aan die nageslag van Kehat, dié wat oorgebly het uit die familiegroep van die stam, is daar deur die lot tien dorpe aangewys uit die stamgebied van die halwe stam, die stam van Manasse.
62 Aan die nageslag van Gersom is daar, volgens hulle familiegroepe, in Basan dertien dorpe aangewys uit die stamgebied van Issaskar, van Aser, van Naftali en van Manasse.
63 Aan die nageslag van Merari is daar, volgens hulle familiegroepe, twaalf dorpe deur die lot aangewys uit die stamgebied van Ruben, van Gad en van Sebulon.
64 Die Israeliete het vir die Leviete die dorpe en hulle weiveld gegee.
65 Hulle het deur die lot hierdie stede wat by die naam genoem word, aangewys uit die stamgebied van Juda se nageslag, uit dié van Simeon se nageslag en uit dié van Benjamin se nageslag.
66 En wat die res van die familiegroepe van Kehat se nageslag betref die dorpe van hulle grondgebied was uit die stamgebied van Efraim.
67 Hulle het aan hulle die volgende asielstede gegee: Sigem met sy weiveld in die heuwelland van Efraim, Geser met sy weiveld,
68 Jokmeam met sy weiveld, Bet-Goron met sy weiveld,
69 Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld.
70 Uit die halwe stam van Manasse se grondgebied was dit Aner met sy weiveld, en Bileam met sy weiveld aan die oorblywende familiegroep van die nageslag van Kehat.
71 Aan die nageslag van Gersom is Golan in Basan, met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld gegee uit die familiegroep van die halwe stam van Manasse se grondgebied.
72 Uit die stamgebied van Issaskar was dit Kedes met sy weiveld, Daberat met sy weiveld,
73 Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld.
74 Uit die stamgebied van Aser was dit Masal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,
75 Gukok met sy weiveld, en Regob met sy weiveld.
76 Uit die stamgebied van Naftali was dit Kedes in Galilea met sy weiveld, Gammon met sy weiveld, en Kirjatajim met sy weiveld.
77 Aan die nageslag van Merari wat oorgebly het, het hulle uit die stamgebied van Sebulon gegee Rimmono met sy weiveld, en Tabor met sy weiveld.
78 Oorkant die Jordaan by Jerigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stamgebied van Ruben, was dit Beser, in die woestyn, met sy weiveld, Jasa met sy weiveld,
79 Kedemot met sy weiveld, en Mefaät met sy weiveld.
80 Uit die stamgebied van Gad was dit Ramot in Gilead, met sy weiveld, Maganajim met sy weiveld,
81 Gesbon met sy weiveld, en Jaser met sy weiveld.