Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

1 Chronicles 5

:
Afrikaans - AFR20
1 Wat die nageslag van Ruben, die eersgeborene van Israel betref ja, hy was die eersgeborene, maar toe hy sy vader se slaapplek ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, seun van Israel, gegee en word hy nie volgens die eersgeboortereg in die geslagsregister opgeneem nie.
2 Alhoewel Juda sy broers se meerdere was en iemand as 'n leier uit hom aangewys is, het die eersgeboortereg aan Josef behoort.
3 Die seuns van Ruben dan, Israel se eersgeborene, was Ganog en Pallu, Gesron en Karmi.
4 Joël se nageslag was sy seun Semaja, dié se seun Gog, dié se seun Simi,
5 dié se seun Miga, dié se seun Reaja, dié se seun Baäl
6 en dié se seun Beëra, vir wie Tiglat-Pilneser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het. Beëra was 'n stamleier van die stam van Ruben.
7 Sy stamgenote was, volgens elkeen se familiegroep in die register van hulle familiegeskiedenis, Jeïel die hoof, Sagaria
8 en Bela, seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël. Hulle het gewoon in Aroër en verder, tot by Nebo en Baäl-Meon.
9 Na die oostekant toe het hulle gewoon tot op die rand van die woestyn, in die rigting van die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in die land Gilead.
10 In Saul se tyd het hulle oorlog gemaak teen die Hagareërs wat deur hulle hand gesneuwel het. Hulle het toe in hulle tente gaan woon in die hele gebied oos van Gilead.
11 Die nageslag van Gad het aangrensend aan hulle gewoon in die land Basan, tot by Salga.
12 Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang; dan ook Janai, en Safat in Basan.
13 Hulle stamgenote, volgens hulle families, was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber sewe.
14 Hierdie manne was afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.
15 Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was hoof van hulle familie.
16 Hulle het gewoon in Gilead, in Basan en die omliggende dorpies, en ook nog in al die weivelde van Saron tot aan hulle grense.
17 Hulle almal is in die register opgeneem in die tyd van Jotam, die koning van Juda, en in die tyd van Jerobeam, die koning van Israel.
18 Wat die nageslag van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse betref onder die onverskrokke manne wat 'n skild en swaard kon dra, 'n boog kon span en ervaring in oorlogvoering gehad het, was daar vier-en-veertigduisend sewehonderd-en-sestig man wat met die leër kon uittrek.
19 Hulle het oorlog gevoer teen die Hagareërs, teen Jetur, Nafis en Nodab.
20 Hulle het hulp ontvang teen hierdie mense, en die Hagareërs en almal wat by hulle was, is in hulle hand gegee, omdat hulle in die geveg na God om hulp geroep het. Hy het hulle smeekbedes verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
21 Van hulle vee het hulle vyftigduisend kamele weggevoer, tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend donkies, asook honderdduisend mense.
22 Ja, daar het baie gesneuweldes gelê, omdat die oorlog van God uitgegaan het. Hulle het toe in hulle plek gaan woon tot met die ballingskap.
23 Die nageslag van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon, vanaf Basan tot by Baäl-Hermon en Senir, die berg Hermon. Hulle was baie.
24 Die volgende was hulle familiehoofde: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Die manne was dapper krygers, beroemde manne, hoofde van hulle families.
25 Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorouers en het agter die gode van die volke van die land wat God voor hulle uitgeroei het, aan gehoereer.
26 Toe het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië dit is die gees van Tiglat-Pilneser, die koning van Assirië aangevuur, en hy het hulle in ballingskap weggevoer, dit is die mense van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hy het hulle na Galag, Gabor, Hara en die rivier van Gosan geneem; dit is vandag nog so.