Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Chronicles 25

:
Afrikaans - AFR20
1 Dawid en die leëraanvoerders het die nageslag van Asaf, Heman en Jedoetoen afgesonder vir dienswerk hulle wat geesdriftig moes speel op liere, harpe en simbale. Die lys van die manne wat die taak moes uitvoer, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was soos volg:
2 Vir die nageslag van Asaf was dit Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, die seuns van Asaf, onder leiding van Asaf, wat op aanwysing van die koning geesdriftig moes speel.
3 Vir Jedoetoen was dit Jedoetoen se seuns Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja ses, onder leiding van hulle vader Jedoetoen, wat op die lier geesdriftig moes speel by die dank en loof van die Here.
4 Vir Heman was dit Heman se seuns Bukkija, Mattanja, Ussiël, Sebuel, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.
5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in goddelike sake; hulle het aan hom aansien gegee. God het vir Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6 Al hierdie manne het onder leiding van hulle pa's, dit is Asaf, Jedoetoen en Heman, opgetree by die sang in die huis van die Here, met simbale, harpe en liere vir die diens in die huis van God, op aanwysing van die koning.
7 Hulle getal, saam met hulle stamgenote wat opgelei was in sang vir die Here, elkeen wat bedrewe was, was 288.
8 Hulle het die lot gewerp met die oog op diensbeurte; op dieselfde wyse vir jonk en oud, vir kenner en leerling.
9 Die eerste lot vir Asaf het geval op Josef; die tweede op Gedalja, hy en sy broers en seuns 12;
10 die derde op Sakkur, sy seuns en sy broers 12;
11 die vierde op Jisri, sy seuns en sy broers 12;
12 die vyfde op Netanja, sy seuns en sy broers 12;
13 die sesde op Bukkija, sy seuns en sy broers 12;
14 die sewende op Jesarela, sy seuns en sy broers 12;
15 die agtste op Jesaja, sy seuns en sy broers 12;
16 die negende op Mattanja, sy seuns en sy broers 12;
17 die tiende op Simi, sy seuns en sy broers 12;
18 die elfde op Asarel, sy seuns en sy broers 12;
19 die twaalfde op Gasabja, sy seuns en sy broers 12;
20 die dertiende op Subael, sy seuns en sy broers 12;
21 die veertiende op Mattitja, sy seuns en sy broers 12;
22 die vyftiende op Jeremot, sy seuns en sy broers 12;
23 die sestiende op Gananja, sy seuns en sy broers 12;
24 die sewentiende op Josbekasa, sy seuns en sy broers 12;
25 die agttiende op Ganani, sy seuns en sy broers 12;
26 die negentiende op Malloti, sy seuns en sy broers 12;
27 die twintigste op Eliata, sy seuns en sy broers 12;
28 die een-en-twintigste op Hotir, sy seuns en sy broers 12;
29 die twee-en-twintigste op Giddalti, sy seuns en sy broers 12;
30 die drie-en-twintigste op Magasiot, sy seuns en sy broers 12;
31 en die vier-en-twintigste op Romamti-Eser, sy seuns en sy broers 12.