Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

1 Chronicles 24

:
Afrikaans - AFR20
1 Die nageslag van Aäron het hulle eie afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.
2 Nadab en Abihu is voor hulle vader oorlede en het nie seuns gehad nie. Eleasar en Itamar het toe as priesters opgetree.
3 Dawid en Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimeleg, uit die nageslag van Itamar, het die nageslag van Aäron volgens hulle verantwoordelikhede in groepe ingedeel vir hulle dienswerk.
4 Toe dit blyk dat die nageslag van Eleasar, volgens die getal manne, meer was as die nageslag van Itamar, is hulle soos volg ingedeel: vir die nageslag van Eleasar, sestien hoofde vir die families, vir die nageslag van Itamar, agt hoofde vir die families.
5 Hulle is groep vir groep deur loting ingedeel, want onder die nageslag van Eleasar, sowel as die nageslag van Itamar, was daar persone wat hoë ampte beklee het in die heiligdom en voor God.
6 Semaja, seun van Netanel, die sekretaris onder die Leviete, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van die koning en die •hoë amptenare en van Sadok, die priester, en Agimeleg, seun van Abjatar, asook die familiehoofde van die priesters en die Leviete: een familie deur die lot aangewys vir Eleasar en een aangewys vir Itamar.
7 Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede op Jedaja,
8 die derde op Garim, die vierde op Seorim,
9 die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,
10 die sewende op Hakkos, die agtste op Abia,
11 die negende op Jesua, die tiende op Seganja,
12 die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,
13 die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,
14 die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,
15 die sewentiende op Gesir, die agttiende op Hapisses,
16 die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,
17 die een-en-twintigste op Jagin, die twee-en-twintigste op Gamul,
18 die drie-en-twintigste op Delaja, die vier-en-twintigste op Maäsja.
19 Hierdie groep se verantwoordelikheid, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was om in die huis van die Here in te gaan volgens die voorskrif aan hulle, by monde van Aäron, hulle voorvader, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
20 Wat die oorblywende Leviete betref: Die nageslag van Amram was Subael, en die nageslag van Subael was Jegdeja.
21 Wat Regabja betref, die nageslag van Regabja was Jissija, die hoof.
22 Wat die groep van Jishar betref, was dit Selomit, en die nageslag van Selomit was Jagat.
23 Die nageslag van Hebron was Jerija, Amarja die tweede, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.
24 Die nageslag van Ussiël was Miga, en die nageslag van Miga was Samir;
25 Miga se broer was Jissija, en die nageslag van Jissija was Sagaria.
26 Die nageslag van Merari was Magli, Musi, en die nageslag van sy seun Jaäsija.
27 Die nageslag van Merari deur sy seun Jaäsija was Soham, Sakkur en Ibri.
28 Vir Magli was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie;
29 ook Kis, en die nageslag van Kis was Jeragmeël.
30 Die nageslag van Musi was Magli, Eder en Jerimot. Dit was die nageslag van die Leviete volgens hulle families.
31 Ook hulle het die lot gewerp, op dieselfde wyse as hulle stamgenote, die nageslag van Aäron, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimeleg en die familiehoofde van die priesters en Leviete. Die familie van die familiehoof is op dieselfde wyse behandel as dié van die jongste broer.