Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Song of Solomon 7

:
Afrikaans - ABA
1 Hy sê: “Prinses, jou twee voete is baie mooi in jou sandale, jou heupe lyk soos juwele wat 'n ambagsman gemaak het.
2 Jou naeltjie is soos 'n ronde bak, vol kruiewyn, jou lyf is soos 'n hoop koring met blomme rondom.
3 Jou twee borste is soos twee jong takbokkies, soos die tweeling-lammers van 'n gasel.
4 Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou is soos die damme by die stad Gesbon, soos die damme by die poort van Bat-Rabbim, jou neus is soos die toring op die Libanon-berg wat na die stad Damaskus kyk.
5 Jou kop is soos die Karmel-berg, jou hare is soos die klere wat konings dra, die koning hou aan om daarna te kyk.
6 My liefste, jy is baie mooi, baie pragtig. Jy het baie dinge wat ek kan geniet.
7 Jy staan so regop soos 'n palmboom, en jou borste is soos trosse dadels.
8 Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom, ek wil sy trosse dadels pluk. Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe, jou neus moet ruik soos appels,
9 jou mond moet smaak soos goeie wyn.” Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die man vir wie ek lief is, wyn wat saggies vloei oor die lippe van mense wat slaap!
10 Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy verlang na my.”
11 Sy sê: “Kom, man vir wie ek lief is, kom ons gaan uit die stad, kom ons gaan slaap in die dorpies.
12 Kom ons gaan vroeg na die wingerde, kom ons gaan kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry, kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan het en of die granaatbome blom. Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”
13 Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker, daar is baie lekker vrugte voor ons deur, nuwe en ou vrugte. Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre.