Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Song of Solomon 5

:
Afrikaans - ABA
1 Hy sê: “My suster, my bruid, ek kom na my tuin, ek pluk my mirre saam met my kruie, ek eet my heuningkoek saam met my heuning, ek drink my wyn saam met my melk.” Vriende, julle moet eet, vriende, julle moet drink, julle moet dronk word van die liefde.
2 Sy sê: “Ek het geslaap, maar my hart het wakker gebly. Ek hoor toe dat die man teen die deur klop, die man vir wie ek lief is, hy het gesê: ‘My suster, my liefste, my duif, jy is perfek. Jy moet die deur vir my oopmaak, my kop is nat van die dou, my hare het nat geword in die nag.’
3 Ek het geantwoord: ‘Ek het al klaar my rok uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het klaar my voete gewas, hoekom moet ek hulle weer vuil laat word?’
4 Maar toe het die man vir wie ek lief is, sy hand deur die gat in die deur gesteek, en toe begin my hart vinnig klop oor hom.
5 Ek het opgestaan om die deur oop te maak vir die man vir wie ek lief is. Toe my hande aan die deur se slot raak, het die mirre afgedrup van my hande, het die mirre afgeloop van my vingers.
6 Ek het die deur oopgemaak vir die man vir wie ek lief is, maar toe was hy nie daar nie, hy was weg! Ek het gedink ek sal hom volg, ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie, ek het hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie.
7 Die polisie wat in die stad loop, het my gekry, hulle het my geslaan en seergemaak, die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk.
8 Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe: Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is, dan moet julle vir hom ek is so lief vir hom dat ek siek geword het.”
9 Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans? Jy ons moet dit belowe, maar hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans?”
10 Sy sê: “Die man vir wie ek lief is, se vel is lig en gesond, julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans.
11 Sy voorkop lyk soos skoon goud, sy lang krulhare is so swart soos 'n kraai.
12 Sy lyk soos duiwe langs riviere, duiwe wat so wit is soos melk en wat by die water sit.
13 Sy wange lyk soos 'n tuin vol kruie wat baie lekker ruik. Sy lippe lyk soos blomme, mirre drup van sy lippe af.
14 Sy arms lyk soos goud, goud waarin daar mooi klippies vassit. Sy liggaam lyk soos marmer, marmer waarin daar saffiere vassit.
15 Sy bene lyk soos marmer-pilare wat op goue voetstukke staan. Hy lyk soos die Libanon-berg waar die beste sederbome groei.
16 Sy mond smaak soet, en alles aan hom is mooi. Vroue van Jerusalem, dit is die man vir wie ek lief is, dit is my vriend.”