Psalms 98ABA

1'n Psalm. Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing, want Hy het wonderwerke gedoen. Hy is sterk, Hy het self oorwin, niemand het Hom gehelp nie.

2Die Here het gewys dat Hy oorwin het, Hy het die volke laat sien dat Hy reg doen.

3Hy het weer gedoen wat Hy belowe het, Hy het dieselfde gebly vir die volk Israel. Die mense oral op die aarde het gesien dat ons God oorwin het.

4Al die mense op die aarde, julle moet juig vir die Here, julle moet begin, julle moet sing, julle moet musiek maak.

5Julle moet vir die Here musiek maak met liere, met liere en ander musiek,

6met trompette en met ramshorings. Julle moet juig vir die Koning, die Here.

7Die see en alles in die see moet raas, ook die wêreld en almal wat in die wêreld woon.

8Die riviere moet hande klap, en al die berge moet sing

9vir die Here, want Hy kom om te regeer oor die aarde. Hy sal reg doen wanneer Hy oor die wêreld regeer, Hy sal reg doen aan almal wanneer Hy oor die volke regeer.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 98.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.